Welcome,
Guest
. Please
login
or
register
.
1 Hour
1 Day
1 Week
1 Month
Forever
Login with username, password and session length
Home
Help
Search
Login
Register
News
:
Visit TR's Blog
here
.
The Road Less Travelled
⇒
Life, the Universe and Everything Outdoors
⇒
General Discussion
⇒
Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
Pages: [
1
]
Go Down
« previous
next »
Print
Author
Topic: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar. (Read 2769 times)
0 Members and 10 Guests are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
on:
September 08, 2011, 09:56:22 AM »
“Hy het soos ’n groot, swart monster op ons afgepyl. Dit het so gou gebeur.”
Só vertel mnr. Fouché Whitehead, wat saam met sewe vriende (almal van Somerset-Wes) in die Baviaanskloof gekampeer het, van die gebeure toe hy Dinsdag om 17:30 betyds uit die pad van ’n verwoede buffel kon duik.
“Toe fokus hy op Ryno (Magson) en kry hom beet.”
Magson is ná ’n grootskaalse reddingspoging van byna tien uur gister in ’n kritieke toestand in ’n Baaise hospitaal opgeneem.
Sy vrou, Chaniti, het gister gesê: “Toe ekdie nuus van die aanval hoor, was ek uit die veld geslaan. Ek het dadelik aan mnr. Johann Schmidt, ook van Somerset-Wes, gedink. Hy is verlede jaar deur ’n buffel in die Bergkwagga Nasionale Park doodgetrap. Ek het saam met sy dogter ge-swot.”
Volgens betroubare bronne het Magson inwendige beserings opgedoen en ’n nier verloor, maar sy vrou wou nie daaroor praat nie.
Magson en Whitehead het sowat 300m buite die Rooihoek-kampeerterrein in die Baviaanskloof se wildernisgebied gestap toe hul pad met dié van die buffel gekruis het. Ná die aanval wou Whitehead dadelik na die kampeerterrein hardloop vir hulp.
“Maar ek het gesien die buffel wag vir my tussen die bosse. Toe skreeu en skreeu ek tot hulle (die ander vriende) my hoor.”
Toe hulle in die voertuig opdaag, het die buffelbul die wyk geneem.
Die erg beseerde Magson is met die bakkie na die kampeerterrein geneem. Toe het ditmnr. Leon Strydom bykans twee uur geneem om tussen hoë watervlakke deur en oor ’n rivierbedding 30 km verder by die Coleske-plaas te kom, waar hy hulp kon ontbied.
“Na die gebeure Dinsdagaand voel ek baie sterk dat die Oos-Kaapse Parke- en Toerisme-agentskap (OKPTA) dringend moet kyk na ’n noodradio by Rooihoek. Dit sal minstens 90 minute se ry spaar en kan duidelik ’n lewe red,” het Strydom gisteraand gesê.
Maar hy het ook die hoogste lof vir die bystand van die OKPTA-beamptes en lt. Herman Smith, bevelvoerder van die Baviaanskloof-polisie, gehad. “Hulle was wonderlik. Ek bedank hulle.”
Kort nadat Strydom hulp ontbied het, het veldwagters, toegerus met radio’s, dadelik na die toneel gegaan. Mnr. Sybert Liebenberg, waarnemende uitvoerende hoof van die OKPTA, het Magson se vrou ook gekontak en haar deur die nag elke 20 minute op hoogte van sake gehou.
“As hy dit nie gedoen het nie, het ek van my kop af geraak. Ek kan hom nie genoeg bedank nie,” het me. Magson gesê. Toe Liebenberg teen 02:00 kon bevestig dat Magson na die Netcare Green Acres-hospitaal in die Baai geneem word, het me. Magson dadelik uit Somerset-Wes na die Baai vertrek.
“Ryno is ’n groot avonturier en natuurmens. Ek glo hy het oorleef omdat hy so fiks is,” het sy gisteroggend gesê.
Magson is gister omstreeks 07:00 na die teater geneem.
Me. Adèle Kennedy, woordvoerder van die Netcare Green Acres-hospitaal, het gistermiddag gesê sy toestand is bestendig.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #1 on:
September 08, 2011, 09:57:39 AM »
Ek het al baie gewonder oor die Buffels en Renosters daar.
Ek het al 100m vanaf 'n renoster met my 200cc verby gery sonder om hom te sien. Ek is later deur 'n klomp histeriese GS ryers gewys waar hy is.
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Fourie
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 8218
Die Aapmens ......
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #2 on:
September 08, 2011, 10:08:18 AM »
Jou doring was seker nie 'n bedreiging vir die renoster nie....... :wink:
Logged
Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #3 on:
September 08, 2011, 10:09:27 AM »
Hy moet net pasop vir die GS ouens
Hulle oor kompenseer dalk...
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Fourie
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 8218
Die Aapmens ......
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #4 on:
September 08, 2011, 10:40:56 AM »
Hahahaha
Logged
Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Biscuit
Forum Furniture
Offline
Posts: 2040
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #5 on:
September 08, 2011, 04:03:51 PM »
Jissie, dis `n skrikwekkende ervaring- wonder watse ondervinding die buffel voorheen met mense gehad het om so te reageer.
Logged
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
Offline
Posts: 4394
I come in pieces
Re: Baviaans - Verwoede buffel gaffel Kapenaar.
«
Reply #6 on:
September 08, 2011, 04:28:26 PM »
Seker gatvol van die hoe watervlakke wat hom vaskeer
Logged
A desk is a dangerous place from which to watch the world.
- John LeCarré
Pages: [
1
]
Go Up
Print
« previous
next »
Jump to:
Please select a destination:
-----------------------------
Life, the Universe and Everything Outdoors
-----------------------------
=> General Discussion
=> Jokes!
===> General Sport
-----------------------------
On the road less travelled
-----------------------------
=> Vakansie Fotos / Travel Reports
===> Social Threads
=> Kampeer plekke en ander Bestemmings
=> Geocaching
===> Trackables
===> The Road Less Travelled Challenges
=> Under the sea
=> Fotografie / Photography
===> Voëls
-----------------------------
Services and classifieds for members
-----------------------------
=> Moenie dit mis nie!
-----------------------------
Admin
-----------------------------
=> Admin
Loading...