Begin by die einde. Ons het nie ge-abseil nie. My crew het my bietjie in die steek gelaat en ons het besluit dat ons te min tyd het om alles te doen, so ek wou nie die dag kaap deur op my eie op en af te klouter nie.
Nie dat ons nie ernstig oorweging gegee het nie.
Terug by die begin.
Ons het op Eselbank by die watervalletjie gekamp. Dis nie 'n amptelike kampplek nie en daar is boggerol. Die eerste nag wag flippen koud en ek is maar bly vir die vrou wat saamgekom het. Ons het lanklaas so lepelgelê. Dit het die Donderdag baie gesneeu en teen Saterdag was daar nog sneeu op die berge. By Ceres en veral Matroosberg was die berge toe onder die sneeu.
Ek het al baie deur die Sederberge gery en elke keer gedink ek wil meer tyd spandeer. Eselbank het my altyd aangetrek en dit was dus 'n goeie plek om as basis te dien. Op die ou ent het ons beswaarlik 10 km weg van die dorpie gery. Daar is te veel om te sien en te doen. Ek is lief daarvoor om met die plaaslike mense te meng en te hoor wat in die omgewing aangaan en wat hulle wêreld laat tick. In die proses leer 'n mens baie en vertel hulle jou van die omgewing. Ons het gesien hoe hulle rooibos tee plant en kon hoor hoe hulle mekaar help om die werk gedoen te kry. Die plantjies lyk amper soos uie plantjies en word op dieselfde manier geplant. Hulle koop die plantjies by kommersiële boere en plant dit in die reën seisoen. Die plantjies word van saad gekweek. Geen kunsmis, spuitstowwe, niks. Elkeen wat wil boer huur by die Morawiese Kerk 'n stuk grond vir 'n minimale bedrag en dan boer jy. Jy moet natuurlik aan die kerk behoort. As jy wil plant roep jy al jou tjomme en dan plant jy. As hy die dag plant, help jy weer. Niemand word betaal nie. Ongelukkig het my fotograaf my in die steek gelaat
In Eselbank het een van die manne ons vertel van die "Ereboog" en dit was ons volgende teiken.
Die volgende dag het ons ontdek dat daar rotstekeninge verder in die berg in is. Die plek is onbekend en daar is min tekens van toeriste. Daar was redelik baie tekens van die mense wat daar gebly het. Dis ongewoon want dit is die eerste ding wat toeriste verwyder. Daar was "flakes" van hulle gereedskap, stukkies van volstruis eier doppe en selfs 'n stukkie van 'n varswater mossel skulp. Ek het gewens Mrs Tok-tokkie was daar. Sy sou ons baie kon vertel.
Daar is baie mooi rotsformasies en Rustyb en Merrycan het patrone uitgesoek terwyl ek en my dogter geklim en klouter het.
Die Donkie.
Die hond.
Balancing act.
Merrycan het die foto's geneem en 'n bietjie rond geloop om te kyk wat sy kan opdis.
Saterdag het die Trailriders daar aangesluit. Hulle het van Umdani af gekom en het maar vaal om die kiewe gelyk. Was blykbaar 'n rowwe affêre daar in Malmesbury. Teen Sondag het hulle heelwat beter gelyk, maar moes alweer gaan. Ai, die gejaag na wind!
Ons het net tyd gehad om hulle die waterval te wys.
Daar is nuwe wetgewing op pad om die 4X4 en veldry omgewing te organiseer. Daarvolgens mag jy net met 'n gids in 'n "sensitiewe" area ry, tensy jy 'n bevoegdheidsertifikaat het. Amper soos die vuurwapen opleiding wat jy moet ondergaan. Ek is 'n opleier en het die gaping gebruik om my dogter 'n bietjie touwys te maak. Hier is ons terug van die oefening.
Een van die wonderlike dinge in enige omgewing is die mense. Hulle stories en hul manier van praat. Oral het mense ons vertel van oom Piet van Langkloof. Ons het hom gaan opsoek en vasgenael gesit en luister na sy stories. Hy vertel dat sy ouma se pa 'n vrygestelde slaaf was wat homself in Langkloof kom vestig het in 1838 na die slawe vrystelling. Hy is 86 en sy kop is al effe deurmekaar, maar hy kompenseer daarmee met sy entoesiasme.
Dinsdag oggend was dit tyd om op te pak en het ons vertrek Wupperthal toe. Rustyb het al Maandag vertrek, nadat hy besluit het om 'n dag langer te bly. Ek wou nog altyd by die skoenfabriek aangaan.
Hulle het nie gewerk nie, maar daar was een van die manne om ons toewys te maak. Hier stik hy die skoen.
Hierna moet dit nog afgewerk word, maar dit lyk al soos 'n skoen.
Sool word vasgelym. Hulle gebruik saamgepersde lug om die sool goed vas te druk teen die skoen.
Nog later.
Skoenmaker hou jou by jou lees.
Ek wou velskoene koop, maar hulle het nie my nommer gehad nie. Koop te maar hierdie stel "boots." R400-00. Bargain.
Hierna het ons die pad gevat en tyd gehad vir een foto en 'n toebroodjie op Clanwilliam.
Biedouw vallei.
Dankie Rustyb. Dit was werklik aangenaam. Ons sal weer so maak.