Welcome,
Guest
. Please
login
or
register
.
1 Hour
1 Day
1 Week
1 Month
Forever
Login with username, password and session length
Home
Help
Search
Login
Register
News
:
Welcome new members!
The Road Less Travelled
⇒
Life, the Universe and Everything Outdoors
⇒
General Discussion
⇒
Lê so plat soos ’n plank!
Pages: [
1
]
Go Down
« previous
next »
Print
Author
Topic: Lê so plat soos ’n plank! (Read 4790 times)
0 Members and 12 Guests are viewing this topic.
Rooibok
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 9816
Lê so plat soos ’n plank!
«
on:
July 20, 2011, 11:52:14 AM »
Die HAT omskryf die woord "plank" as 'n "plat reghoekige stuk gesaagde hout". Dis kwalik iets om oor opgewonde te raak, maar 'n nuwe gier wat wêreldwyd opslae maak, het aan die plank 'n tweede asem gegee.
Rudolf Stehle vind meer oor dié nuutjie uit.
Planking, oftewel "die praktyk om op jou maag te lê met jou arms langs jou sye in ongewone openbare ruimtes en dit dan af te neem," het sosiale netwerke soos Facebook aan die gons.
Die idee is om 'n plank na te boots.
Die reëls van dié tydverdryf is eenvoudig: Jou handpalms moet plat teen jou sye gedruk wees, jou gesig moet na onder wys en jou
enkels moet bymekaar wees.
'n Foto moet ook van die plank geneem word. Anders is jy maar net iemand wat iewers lê en snaaks lyk.
Dié gier het in 1997 ontstaan toe twee verveelde Britse tieners, die 15-jarige Gary Clarkson en die 12-jarige Christian Langdon,
begin het om, tot groot verbasing van omstanders, in openbare ruimtes te plank.
Destyds het dié tydverdryf nog as die lying down game bekend gestaan.
Oor die volgende tien jaar het die gier maar teen 'n slakkepas versprei, totdat Facebook sy opwagting in Engeland gemaak het.
Nadat die twee in 2007 'n Facebook-groep vir hul speletjie geskep het, het dit soos 'n veldbrand versprei.
Foto's het ingestroom van plankers uit Amerika, Brittanje en die res van Europa.
Dié gier het in 2009 in die internasionale media opslae gemaak toe sewe dokters en verpleegsters by 'n hospitaal in Engeland uitgevang is toe hulle die lying down game in werksure gespeel het.
Hulle het foto's van waar hulle op operasietafels, in die hospitaal se gange en op die hospitaal se helikopterbladplank, op Facebook geplaas.
'n Bestuurder het die foto's gesien en die oortreders is geskors.
Die speletjie het in 2008 in Australië posgevat, waar dit as planking bekend staan. Planking se gewildheid in dié land het sedertdien die hoogte ingeskiet.
Die Facebook-blad Planking Australia is die grootste in sy soort met meer as 170 000 aanhangers, terwyl Clarkson en Langdon se Facebook-groep, The lying down game, net meer as 110 000 lede het.
In Suid-Afrika het die gier eers in Mei vanjaar vastrapplek gekry toe 'n Facebook-blad, Planking South Africa, gestig is.
Dié blad se aanhangertal is egter gou-gou oortref deur dié van The Original Planking South Africa, wat tans byna 1 300 aanhangers het.
Sedertdien het die Wes-Kaap en Pretoria ook Facebook-groepe gekry wat oor dié tydverdryf handel.
Garth Manthé (24) stigter van die Facebook-blad The Original Planking South Africa het via 'n video op YouTube met planking kennis gemaak.
Hy plank nog net twee maande.
"Dit is iets wat maklik kom vir my. Ek het 'n goeie humorsin en geniet dit om 'n vervelige situasie meer opwindend te maak. Dit is 'n manier om mense bymekaar te bring. Wanneer ons plank, is baie mense onseker oor wat ons doen, so dan is daar baie gesprekke en word daar baie gelag."
Die mees ekstreme plank wat hy al uitgevoer het, was op 'n verkeerskonstabel se kar.
Om sy blad se mylpaal van 1 000 aanhangers te vier, het hy 'n Planking SA T-hemp aan 'n gelukkige wenner oorhandig.
Julia Vermeulen, 'n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Durbanville, het haar netbalspanmaats van die o.16-span onlangs oorreed om voor 'n oefening op die skool se netbalbaan te plank.
"Ons het gedink dit sal 'n goeie spanboupoging wees," het Julia gesê.
Met haar aankoms by die oefening was die afrigter, me. Eloïse Keet, nogals uit die veld geslaan.
"Toe ek daar kom, toe lê die spul soos apies op die baan en hou hulle snaaks. Toe neem ek maar 'n foto met my selfoon."
Keet het kort tevore in Die Burger van planking gelees en het gelukkig gou gesnap wat aangaan.
Tydverdryf kan ook dodelik wees
Planking het sy eerste slagoffer op 15 Mei vanjaar geëis toe die 20-jarige Acton Beale van 'n balkonreling op die sewende verdieping van 'n woonstelgebou in Brisbane geval het terwyl 'n vriend hom afgeneem het.
Twee dae later, op 17 Mei, het nog 'n 20-jarige Australiër, Simon Hallam, ernstige kopbeserings opgedoen deurdat hy van die kattebak van 'n bewegende motor geval het terwyl hy ge-plank het.
Op 22 Junie is 'n 14-jarige Britse seun in York in hegtenis geneem nadat hy op 'n treinspoor ge-plank het. 'n Foto van hierdie voorval het op die York Planking Association se Facebook-blad verskyn.
Logged
Ek gee oor. WP is die Beste!
Rooibok
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 9816
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #1 on:
July 20, 2011, 11:54:21 AM »
Hier is nog baie fotos
http://www.facebook.com/OfficialPlanking?sk=photos
«
Last Edit: July 20, 2011, 11:56:01 AM by Rooibok
»
Logged
Ek gee oor. WP is die Beste!
Rooibok
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 9816
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #2 on:
July 20, 2011, 11:57:36 AM »
Logged
Ek gee oor. WP is die Beste!
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #3 on:
July 20, 2011, 12:03:01 PM »
Ek kan nie "plank" nie
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
Offline
Posts: 4394
I come in pieces
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #4 on:
July 20, 2011, 12:17:33 PM »
What a plank
Logged
A desk is a dangerous place from which to watch the world.
- John LeCarré
Pmdb
Town Crier
Offline
Posts: 6725
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #5 on:
July 20, 2011, 12:19:16 PM »
«
Last Edit: July 20, 2011, 09:28:54 PM by Pmdb
»
Logged
Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Fourie
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 8218
Die Aapmens ......
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #6 on:
July 20, 2011, 12:31:46 PM »
My bubble is ook in die middel....ek kan ook nie plank nie
Logged
Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Rooibok
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 9816
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #7 on:
July 20, 2011, 12:57:46 PM »
Quote from: Fourie on July 20, 2011, 12:31:46 PM
My bubble is ook in die middel....ek kan ook nie plank nie
le op jou rug...of op jou maag op n pot
Logged
Ek gee oor. WP is die Beste!
Prins
Forum Furniture
Offline
Posts: 3331
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #8 on:
July 20, 2011, 01:09:20 PM »
Quote from: Trailrider on July 20, 2011, 12:03:01 PM
Ek kan nie "plank" nie
Ek kan "wipplank"
Logged
RTFM!!!
Rooibok
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 9816
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #9 on:
July 20, 2011, 01:20:02 PM »
Logged
Ek gee oor. WP is die Beste!
Biscuit
Forum Furniture
Offline
Posts: 2040
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #10 on:
July 20, 2011, 05:03:09 PM »
Nes mens dink jy het nou al alles gehoor, dan steek so`n gier kop uit- dis mos `crazy'?.....
Logged
Smidty
Forum Furniture
Offline
Posts: 2840
George
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #11 on:
July 20, 2011, 07:06:03 PM »
Quote from: Rooibok on July 20, 2011, 01:20:02 PM
jou hande is verkeerd, dit tel nie
Logged
All things are difficult before they are easy
lox
Village Elder
Offline
Posts: 3595
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #12 on:
July 20, 2011, 07:57:04 PM »
ek dink die lekkerste plek om so te lê is in my bed.
Logged
Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #13 on:
July 20, 2011, 09:24:48 PM »
Quote from: Rooibok on July 20, 2011, 12:57:46 PM
Quote from: Fourie on July 20, 2011, 12:31:46 PM
My bubble is ook in die middel....ek kan ook nie plank nie
le op jou rug...of op jou maag op n pot
Bwaaaahahahaha!
OK! Ek sal try!
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Fourie
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 8218
Die Aapmens ......
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #14 on:
July 20, 2011, 09:29:26 PM »
Quote from: Trailrider on July 20, 2011, 09:24:48 PM
Quote from: Rooibok on July 20, 2011, 12:57:46 PM
Quote from: Fourie on July 20, 2011, 12:31:46 PM
My bubble is ook in die middel....ek kan ook nie plank nie
le op jou rug...of op jou maag op n pot
Bwaaaahahahaha!
OK! Ek sal try!
Op jou rug lyk dit soos 'n krom getrekte plank.....
TR, VV gaan jou moer as jy op haar skottels le......
Logged
Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Trailrider
Administrator
Town Crier
Offline
Posts: 26585
Die Bergie...
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #15 on:
July 20, 2011, 09:41:11 PM »
Quote from: Fourie on July 20, 2011, 09:29:26 PM
Quote from: Trailrider on July 20, 2011, 09:24:48 PM
Quote from: Rooibok on July 20, 2011, 12:57:46 PM
Quote from: Fourie on July 20, 2011, 12:31:46 PM
My bubble is ook in die middel....ek kan ook nie plank nie
le op jou rug...of op jou maag op n pot
Bwaaaahahahaha!
OK! Ek sal try!
Op jou rug lyk dit soos 'n krom getrekte plank.....
TR, VV gaan jou moer as jy op haar skottels le......
Dan word dit panne!
Logged
“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Fourie
Moderator
Town Crier
Offline
Posts: 8218
Die Aapmens ......
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #16 on:
July 20, 2011, 09:42:49 PM »
Logged
Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Pmdb
Town Crier
Offline
Posts: 6725
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #17 on:
September 07, 2011, 07:08:14 PM »
Logged
Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Ponytail
Full Member
Offline
Posts: 665
Re: Lê so plat soos ’n plank!
«
Reply #18 on:
September 07, 2011, 07:46:54 PM »
Sjoe!
Logged
Kinders is die lewendige boodskappe wat ons stuur na 'n tyd wat ons nooit sal sien nie.
Pages: [
1
]
Go Up
Print
« previous
next »
Jump to:
Please select a destination:
-----------------------------
Life, the Universe and Everything Outdoors
-----------------------------
=> General Discussion
=> Jokes!
===> General Sport
-----------------------------
On the road less travelled
-----------------------------
=> Vakansie Fotos / Travel Reports
===> Social Threads
=> Kampeer plekke en ander Bestemmings
=> Geocaching
===> Trackables
===> The Road Less Travelled Challenges
=> Under the sea
=> Fotografie / Photography
===> Voëls
-----------------------------
Services and classifieds for members
-----------------------------
=> Moenie dit mis nie!
-----------------------------
Admin
-----------------------------
=> Admin
Loading...