Kingfisher Magic forestHet hierdie cache vandag gaan soek en die naam se alles!
Dis op die Kingfisher trail wat deur die woud loop naby Hoekwil, en dit is beslis MAGIC!
Daar is n fooi betaalbaar (R20) om die roete te doen, maar as mens sien hoe mooi die 'boardwalks' is , is dit beslis die moeite werd.
Om by die cache uit te kom, moet jy die hele roete doen, wat 3.6km lank is. (7.2km retoer)
Op hierdie bord wat die roetes aandui, was dit duidelik dat daar n "kortpad" is, by die bosduif loop. Ek is egter vinnig herinner aan Langenhoven se woorde: " As die kortpad beter was, sou die hoofweg daar geloop het"
Die bosduif loop moet slegs aangedurf word as jy bo gemiddelde fiksheid het, of as jy genoeg tyd het om elke nou en dan te rus.
Maar as jy wel die tyd het om op te sukkel tot bo, doen dit gerus, die uitsig maak dit uit en uit die moeite werd!
"Hierdie fotos is op n hoogte van omtrent 150m bo seevlak geneem. en die rivier wat onder gesien word is basies op seevlak. Dit behoort n idiee te skep van hoe intens die Bosduif loop se klim is"
Indien jy die gewone roete doen, wat langs die rivier bly, is die roete relatief gelyk. Slegs hier en daar n helling om te klim. Maar elke keer wat daar n helling is wat geklim moet word, is daar hout trappe gebou wat dit baie vergemaklik. Inteendeel, omtrent 80% van die roete is met hout 'boardwalks' uitgele.
Op die roete wat langs die rivier loop is daar ook n pont wat jy gebruik om die rivier mee te kruis.
Aan die einde van die roete is daar 2 watervalle wat die hele roete weereens die moeite werd maak.
Net n waarskuwing :.
Tussen die eerste en tweede waterval is daar n redelike helling wat geklim moet word. Waneer omstandighede droog is behoort dit seker nie n probleem te wees nie, maar vandag was dit nat van reen en ongelooflik glad. Die enigste manier vir my om dit te klim was deur my skoene uit te trek en hande vier voet die klippe uit te klim.
nog fotos wat ek daar geneem het:
Hierdie is volgens my presies waaroor Geocaching gaan. Dis beslis die moeite werd om n dag te gebruik om hierdie cache te gaan soek. Die woude en uitsigte (bosduif loop) en watervalle en natuurskoon ens is so goed dat dit basies slegs n bysaak raak om die cache te vind.