10
Ry nog so in die vlak af oppad BF wes toe en die toerbus kom verby. Ken nie sy nommerplaat nie, maar beslis buiteland. Lyk my dis ingerig as huis en lekker kuier plek.
Dit het ons nogal ontstel toe ons ‘ngroot lorrie op sperstreep sien verby gaan by ons. Hy het gou geleer haastig is nie vinnig nie, want net na dit is hy afgetrek deur spietkops.
Op BF Wes moes nons weer oor die skaal en dis wat ons gesien het:
Met aankoms by die weegbrug en ons gewig
Was nie te swaar nie en kon gou gou weer die pad vat suide toe.
BF Wes se dam
BF Wes se spits verkeer
Weer diesel volgemaak op BFW en pad gevat huistoe. Dit was so half 7 wat ons die laaste skof gepak het. Ek het gereël vir kos by die huis.
Die een was haastiger as ons huistoe, maar Johan wil nie oonodig spoedboete kry nie.
Hier is die laaste foto wat ek oppad kon neem. Te donker daarna.
Presies 11 uur voor ons huis stilgehou, afgepak en lekker pizzaz gekry as aandete by my vrou. Johan het oorgeslaap hier by ons. Sjoe hoe lakker was ‘n ordentlike stroet na 2 dae nie en hoe lekker slaap mens se eie bed weer.
Die gps na die trip
Die 105 was met die bakkie op die snelweg
Was so 30 km wat gps in die bakkie gewerk het, die res is lorrie gegewens.
Dieselverbruik was so tussin 48 en 56 liter pr 100 km. Wanneer die wind reg van voor waai maak dit nie veel verskil nie maar wanneer die wind skuins van voor waai is daar aansienlike vermeerdering in brandstof verbruik.
Dankie Johan dat ek kon samary, sal eendag weer so maak. Dlak Durbs toe dan?
Dankie N ons Hemelse Vader vir vriende en ‘n aangename en veilige reis.
NS
Op Face Book het iemand wat by die hawe werk vertel van vroue lorrie drywers wat hulle breiwerk uithaal waneer hulle wag by weegbrug en om op of af gelaai te word.
Hoop julle het lekker saam getoer.
Fluit fluit my storie is uit.