3
Johan werk vir ‘n verfmaatskappy wat se fabriek in Somerset Wes is. Hy vervoer die verf landwyd na verskillende depots. Ons het so net na 6 by die Bloemfontein depot aangekom. Gelukkig besef die mense wat daar werk dat hulle moet aflaai waneer die lorrie daar aankom, al is dit na ure.
Die seile maak baie maklik oop en toe. Een man se werk.
Klein depot maar die manne wat daar werk laat waai en verkoop baie verf.
Na aflaai en weer verf oplaai, wat op spesiale aanbieding was wat verby is, het ons gou iets by die kafee gekry om aan te kou en die pad gevat Winbrug toe.
In Winburg ry ons reg op die kerk af en ek seg dat Johan eers moet stilhou. Gaan lê toe in die pad om dit af te neem.
Ons het by vriende van Johan gaan slaap in die dorp. Douw werk vir sy seuns wat ‘n wild plaas en Arabier stoet het. Douw doen die bouwerk op die plaas. Hulle is nog besig om paar huisies te bou.
Een van die voltooide huisies, 2 wooneenhede, baie luuks, buite my begroting
Sitkamer, eetkamer, kombuis, kroeg en kuierplek. Onder is 4 slaapkamers met badkamers.
Uitsig vanaf die sitkamer se balkon. Ons het 2 renosters en 2 koedoes gesien.
Al die SA wildsbokke se velle
Sitkamerkompleks
En die man wat in beheer van die bouery is: Douw op regs en Johan op links
Die plaasnaambord