Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: anderste vakansie 2  (Read 3393 times)
0 Members and 5 Guests are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595

« on: June 08, 2010, 05:44:19 PM »

2

Op Colesberg gestop om bene te rek, draai te loop ( die padwerke was te min) en koeldrank te kry. Man kon ook nie net ry en ry en ry nie, soms bene rek ja.
Op Colesberg is ‘n man wat se naam ook Johan is en hy werk as werfvoorman by die vulstasie. Johan Lorrie stop elke keer daar om vir Johan Colesberg moed in te praat en dan ry hy weer verder. Op so manier beteken Johan ook vir ander mense iets langs pad.

Ek hoop ek is min of meer reg met die statistieke.
Mercedes Acrtos 2748 ( Johan hou niks daarvan as ek van die Mercedes Atos praat nie)
Die 27 van die nommer meen hy kan 27 ton weeg op die perd se 3 aste saam waneer hy gelaai is. Die dra vermoeë
Die 48 beteken 480 perde….die laaste syfer maal 10 is die perdestalle
Ek kry nie die 100% korrekte enjin op die net nie maar min of meer:
V 8 dubbel turbo enjin, seker so 12 na 14 liter inhoud
480 perdekrag = 360 kw @ 1800 rmp
2300 nm @ 1080 rpm

En weer die langpad aangevat.

Suidekant van die Oranjerivier. Cheetha wêreld voor ons.

Die waterskeiding

Soms het ons ook die voorreg om ‘n stadiger lorrie verby te steek. Jammer die die engels maar ek praat al van ek kan onthou van lorries, dis vir my net ‘n groter ding as vragmotor. Ek het langs die treinspoor gerootgeword en ‘n trok loop op ‘n spoor.

Nog padwerke en ons wag en hier sien ek die mooi meisie voor my, moet haar darm afneem.

Hier staan Bekey soos Johan die lorrie noem,

Die ratkas
Vol of semi outomaties, geen voet koppelaar. Die drywer kan kies of hy wil self ratte oorsit en of als outomaties moet wees.
16 ratte vorentoe.   2 ratte agtertoe.
Waneer jy wegtrek en die pedaal plat hou doen die rekenaar al die werk.
Die enjin revolusies kom self af om die volgende rat te vat. Oor daar so baie ratte is word sommige ratte oorgeslaan, hy belsuit self waar om te vat. Waneer jy begin rem skakel hy ook self na laer rat  (af gear) en terwyl hy dit doen jaag die rekenaar self die revolusies op sodat die enjinspoed by die nuwe gekose rat kan pas.

Daar is uitlaatrem (exhaust brake) maar ek sien Johan gerbuik dit min.
Daar is ‘n oliepomp wat olie deur ‘n klein gaatjie, wat groter en kleiner stel na gelang rem krag benodig. Word die “limiter” genoem. Die gevaar is net daardie olie raak warm van die wrywing en kan dan ook die enjin laat warm raak. Daardie olie gaan ook deur ‘n oliekoeler voor langs die waterverkoeler. Die enjinspoed moet maar hoog bly berg af sodat die waaier vinnig genoeg kan draai.

Daarmee stel Johan ook dat die lorrie nie vinniger as sê 25 of 28 of wat ook al, kmpu kan ry berg af nie en die enjin hou hom self op daardie spoed. Moet net nie te vinig die berg bo begin nie.
Die perd het ook skyfremme op al 6 wiele.  Die sleepwaens het egter gewone drom remme.
Die enjin het ook gewone spoedkontrole soos ‘n motorkar. Ons ry spoed was so tussin 80 en 85 km/uur. Die maksimum wat die lorrie kan ry is 100 km/uur, omdat hy so gestel is op sy rekenaar, nie oor hy nie vinniger kan ry nie.

Langs pad hierdie gesien en nie kon dink hoekom wil jy jou besighheid daardie naam gee nie.

Sommige mense is ook maar half onverskillig met verbysteek. Gee nie om om oor die sperstreep te ry nie.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585

Die Bergie...

WWW
« Reply #1 on: June 08, 2010, 06:01:32 PM »

Langs pad hierdie gesien en nie kon dink hoekom wil jy jou besighheid daardie naam gee nie.

lox die antwoord is die prentjie net voor die "Gay". Hy behoort seker aan die grootste gay klub ook. Daai een waar almal baba blou aantrek en Liefling sing vir 'n man terwyl "meisiekind" (wat ook 'n man is) in 'n ander man vas hardloop. Evil

Ek het al geleer dat niks mens behoort te verbaas op 'n voertuig wat ook 'n Bul op het nie. Evil

 Teaze
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595

« Reply #2 on: June 08, 2010, 06:14:07 PM »

en dan nog 'n GP registrasie nommer?

ek verduidelik later wat ek geleer het daar oor blou ( wat wel my gunsteling kleur is maar oor ander redes as somige mense se redes)
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Dual
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2712

« Reply #3 on: June 08, 2010, 06:17:59 PM »

Langs pad hierdie gesien en nie kon dink hoekom wil jy jou besighheid daardie naam gee nie.

lox die antwoord is die prentjie net voor die "Gay". Hy behoort seker aan die grootste gay klub ook. Daai een waar almal baba blou aantrek en Liefling sing vir 'n man terwyl "meisiekind" (wat ook 'n man is) in 'n ander man vas hardloop. Evil

Ek het al geleer dat niks mens behoort te verbaas op 'n voertuig wat ook 'n Bul op het nie. Evil

 Teaze

TR, wat drink jy hierdie tyd van die aand - jy begin al weer te Bla Bla Bla - is jou pille op?  innocent
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585

Die Bergie...

WWW
« Reply #4 on: June 08, 2010, 06:29:38 PM »

Oooo. Die skoen pas... Fishing

Maar kom dat ons nie lox se draad kaap nie.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433

Mehtuselah.

« Reply #5 on: June 08, 2010, 06:47:49 PM »

Oooo. Die skoen pas... Fishing

Maar kom dat ons nie lox se draad kaap nie.

Te laat jy het eerste begin kaap!   Dallas boy.  Stir

Thanks Lox. Die RR van jou bring goeie memories terug. Ek het vir n kort tyd trokke gery. Maar ek het nog in die dae gery toe daar nie fancy rekenaars was vir gear change nie. Double-clutch was die in ding. Warm brieke was n algemene ding.  Head Bang
Logged

AKA Rowwerot
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595

« Reply #6 on: June 08, 2010, 10:28:48 PM »

dis ook al wat ek geken het in die lugmag, duoble clutch en warm brieke, sommige het darm exhaustbrakes gehad.

die nuwe fancy goed kom hoor ek ook maar net van, maar klink darm heelwat veiliger ook veral as jy dink skyf remme en abs op die lorrie se perd.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: