Dag 1My verlof is nou in sy tweede week en wegbreek die wil ek definitief. So hoekom nie sommer 'n paar goed aanpak wat ek al lankal voor lus voel nie.
Cape St Francis sal die "base camp" wees.... dis ver genoeg van die normale "hustle and bustle".
Soos gewoonlik, gebeur sulke trips op die laaste nippertjie, sonder veel beplanning. Ek wag darem tot die akkommodasie bevestig is en dan val ek in die pad.
My eerste stop.... want om weer 'n keer net verby te ry sal 'n sonde wees....
Baie vriendelike diens…. Het sommer ook vir ma ‘n presentjie gekry en ‘n versnappering geniet.
Die son trek al water, en as ek vandag nog by die see wil uitkom moet ek aanstaltes maak.
Volgende afdraai, die R400 na Jansenville…. ‘n grondpad waarop ek nogsteeds 100km/h kon haal.
Kortpad met die Ann’s Villa pad… maar moenie so om ry as jy gedruk is vir tyd nie…. Nou ry jy nader na 40km/h en kyk uit vir die wild.
Daar onder in die dip het ek bokke gekry, dit het gelyk soos koedoes, maar ek kan dalk verkeerd wees. Toe ek om daai boonste draai kom het hulle die ruigtes ingevaar. Selfs met ‘n stadige verby ry was hulle nêrens te gewaar nie. Ai, hoe wens ek nou vir een van daai fancy kameras met die lang lense.
Nader aan die R335 kom ‘n mens af op hierdie verstommende berge…
Die eienaar/bestuurder van die kampterrein by hierdie aansluiting het gedink ek het verdwaal en het gery en sy hulp kom aanbied…. Hy kry seker nie aldag mense wat sommer net in die middel van niks en nêrens stop, en dan nog ‘n ent ry, en weer stop nie.
En toe raak die pad rof, baie mooi, maar rof. Darem nog nie so rof soos daar by Black Mountain nie, maar dis ‘n heel ander storie. Ek weet darem nou tot wat my kar in staat is so ek durf dit darem ook nou nie teen ‘n slakke pas aan nie.
Die vier-voetiges was nie laas saam nie, so hulle is skoon verbouereerd van al die geskudtery.
Einde ten laaste my eerste grond pas van die trip….
Hierdie pas was nog in die tyd gebou voor “gabions”. Die “earth retaining walls” was nog van klip wat netjies opmekaar gepak is sonder die hulp van ‘n draadkas. En dit hou nogsteeds.
Hier het ek ongelukkig vir oom Skilpad onderbreek waar hy sy dors geles het.
Na sowat 5km loop die pas al langs die Addo Olifant Nasionale Park, en ook deur die park.
‘n Panoramiese uitsig….
So ‘n ent verder….
En agter die boom die volgende….
Dis nogal styl hier af….
Van hier af ry jy nie meer in of langs die Addo Nationale Park nie, of andersins gesê, die suide kant van die pas.
Soos die teken aan die onderkant aandui.
So ‘n bietjie meer wild, ek dink dit was elande.
Genoeg van al die site seeing…. Die son trek water. Van waar die R342 by die R335 aansluit is dit weer teerpad. En hoekom sal ‘n mens nou by padwerke staan en wag as daar ‘n ompad is, al is dit grondpad.
Na ‘n vinnige stop by die garage in Uitenhage om ‘n ietsie vir die dors te koop, is ek weer fort, deur die laat middag verkeer. Ongelukkig moet ‘n mens stop by die verkeersligte, so daar’s tyd vir ‘n vinnige foto.
Uit die dorp volg ek die R102. Ek besluit om nie op die snelweg te klim nie en die volgende stop is by Van Stadens brug.
So ‘n ent aan met Van Stadens Pas kry ek toe darem ‘n aftrek plek. Daar is wel mooier gedeeltes in die pas, maar in die draaie met geen noemenswaardige skouer, net ‘n diep betonvoor of ‘n skramreëling, is dit nie so wys om te stop nie.
Daar doer in die verte is die snelweg. Van hierdie hoek lyk dit of die brug in die verte die snelweg is, maar toe nou nie.
Die ander brug.
En hy’s bedoel vir net een rigting verkeer…. in die ou dae, of nou ook vir die mense wat dit rustiger vat…. het almal mos tyd gehad.
Al probleem met die stoppery is dat die ander verkeer nou by jou is, so ek stoot maar aan. Gelukkig hou ek binne die spoedgrens, want daar staan sowaar ‘n boetebessie net na die op-/afrit na die snelweg toe.
Dit kom nou van so laat verby Jeffrey’s gaan. Die son is in jou oë, en dit maak dat ander mense sommer 70 in ‘n 100 sone ry.
Nog meer laatmiddag verkeer in Humansdorp en toe weer ‘n bietjie oop pad. Ook net betyds vir die sonsondergang (sommer so in die ry geneem).
Ek vang toe ook ‘n groot brander, so in die ry.
Uiteindelik by my bestemming aangekom. Na die afpak, die vier-voetiges laat rondloop en in settle, raak ek ook rustig met iets te drinke op die dek. Ook net betyds vir die maan opkoms.