White Stripes
|
 |
« on: November 15, 2009, 07:33:20 PM » |
|
Ons het 'n baie lekker forum aan die gang en wil dit so hou. Die verwagting van meeste lede hier is dat die forum verrykend, plesierig en pret moet wees. Van tyd tot tyd gebeur dit dat mense die grense verken en dan skuur ons skouers totdat almal weer gelukkig is. Ongelukkig het dit soms al effe moeilik gegaan en het ons 'n lid al moes waarsku dat sy optrede nie bevorderlik vir die goeie gees hier is nie.
Tydens die naweek het dit weer kop uitgesteek en moes ek 'n lid aanpraat. Die reaksie was nie positief nie en aangesien ons hierdie lid reeds op die grens geplaas het, het ons besluit om sy lidmaatskap op te skort. Daar is baie forums waar mense mekaar die hare kan invlieg vanaf agter die sleutelbord. 'n Mens sien dit op ander forums. Hier waak ons jaloers oor die goeie gees wat hier geld. Dit beteken nie dat ons alles in watte toedraai nie. As 'n lid egter herhaaldelik onsmaaklikheid veroorsaak, sal ons so 'n lid verwyder.
Die moderators het dus besluit om Johan te verwyder. Hy is waarskynlik 'n aangename ou in die regte lewe, maar dit werk nie hier nie. Voorspoed op jou pad.
|