Pages: [1] 2 3 ... 22   Go Down
Print
Author Topic: Joost  (Read 169699 times)
0 Members and 7 Guests are viewing this topic.
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« on: February 15, 2009, 06:47:41 AM »

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2470212,00.html

’n Seksvideo waarin Joost van der Westhuizen, die voormalige Springbok-kaptein, ’n jong danseres vuurwarm vry en wit poeier saam met haar snuif, het gister aan die lig gekom.

Joost hou vol dis nie hy op die video nie. Hy het nog nooit sy vrou, die sangeres Amor Vittone, verneuk nie, sê hy. “My hart is by die Here.”

Maar in die video wat gister aan Rapport vertoon is, is dit duidelik Joost wat saam met die vrou, wat haarself ’n danseres noem, verkeer.

Die vrou, met net ’n pienk bra en deurtrekker aan, het eers orale seks met Joost. Dan stap sy weg en kom terug met ’n skinkbord met wit poeier daarop.

Sy skraap die poeier in ’n reguit lyn en bied dit vir hom aan. Hy snuif dit.

Die video van 29 minute begin in ’n toilet in die vrou se woonstel waar sy die kamera in haar handsak versteek.

Dan stap sy na die sitkamer waar Joost op haar wag. Hy is nog geklee in ’n T-hemp en blou jeans.

Sy sit haar handsak versigtig op die mat neer en beveel hom om op ’n slaapbank te sit. Binne minute trek hy sy klere uit. Al wat hy aanhou, is sy swart Polo-sokkies en ’n wit onderbroek met gaatjies daarin.

Sy sit dan musiek aan en die twee begin gesels terwyl sy op hom sit en oor sy lyf vryf. Hy doen dieselfde met haar. Hy haal later sy horlosie af, waarna hy ’n kondoom uithaal en dit in sy hand vashou.

Hy dra nie ’n trouring nie.

Sy sit op hom en begin hom op sy lyf soen. Die oomblik word stomend.

Dan begin sy weer sy lyf soen. Haar selfoon lui kort-kort. Dit irriteer hom. “Jy moet jou foon antwoord,’’ sê hy.

Terwyl Joost nog poedelnaak op die bank sit, begin hulle gesels. Sy sê vir hom dié sessie kos niks. “Ek weet. Dis hoekom ek verkies om vroue soos jy te ...’’ antwoord hy. Die laaste woord is onhoorbaar.

Joost kyk na die muurhorlosie en sê “ons moet nou gou maak. Ek moet huis toe gaan.’’

Dié video is volgens Rapport se betroubare inligting agt maande gelede opgeneem.

Joost het onlangs in ’n onderhoud met ’n Christelike webblad gesê hy is ’n kind van God en het nie “dwelms en ander twyfelagtige substances” nodig nie.

Die Van der Westhuizen-gesin verskyn dikwels in tydskrifte en advertensie-veldtogte as die toonbeeld van ’n gesonde, voortreflike gesin.

In die jongste uitgawe van Vrouekeur vertel Joost en Amor juis onder die opskrif “Elke dag is Valentynsdag” die anker in hul huwelik is “ ’n sterk geestelike ingesteldheid”.

“Aanvaar dat al twee partye foute gaan maak, maar los dit op en beweeg aan,” is Amor se raad vir ’n goeie huwelik in dié artikel.

Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: February 15, 2009, 08:44:08 AM »

Mens moet maar versigtig wees wat mens se - laster en so.

Kom ek se maar net dat ek vir 'n feit weet dat "wit poeier" en seks nie ongewoon was vir baie getroude Blou Bulle as hulle in die Kaap kom kuier het nie. Die bekende manne. Dis hoekom hulle "Christenskap" my so ongelooflik irriteer. Hulle doen meer skade as goed met hulle uitsprake. Ek het 'n vriend wat tot onlangs die eienaar 'n "winkel" in die stad was. Die Thaise meisies was blykaar sommige se 1ste keuse.

Een van die slotte (die beroemde een) was ook vir 'n naweek in George. Hy het 'n geborgde motor (splinternuut) by Nissan gekry. Toe hy die motor terug gee die Sondag middag was hy absoluut deurgetrek. Hy was ook vol drank bottels en daar was vroue onderklere onder die sitplek gevind. Direkte familie van my het die motor in ontvangs geneem.

Pretoria se "Christelike" helde.
« Last Edit: February 15, 2009, 12:00:13 PM by Trailrider » Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #2 on: February 15, 2009, 10:30:40 AM »

Wat is dit met die Blou bulle, jeuk hulle <censored>?
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #3 on: February 15, 2009, 10:46:45 AM »

Hier kom 'n groot media bom wat gaan bars!!!

Joost is gatvol vir die koerante wat nonsens oor hom skryf. Hy het verlede week 'n ander koerant
gedagvaar oor iets anders.

Ek waarborg dat hy hulle gaan dagvaar vir naamskending ........vir 'n miljoen of 2.

Ek twyfel of dit Joost is in daardie video, maar as dit is, sal dit baie "SAD" wees.
« Last Edit: February 15, 2009, 10:58:51 AM by Operator » Logged

White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #4 on: February 15, 2009, 07:18:31 PM »

Ek hoop jy is reg, Operator, maar na Hansie is ek maar 'n bietjie sinies.
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #5 on: February 16, 2009, 02:10:21 PM »

Joost Sex video:

Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Rustyb
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6677



« Reply #6 on: February 16, 2009, 03:05:05 PM »

 Ha Ha Ha Ha
Logged

If you sow honesty, you will reap trust
Guilty As Sin
Guest
« Reply #7 on: February 16, 2009, 03:33:18 PM »

wel coke is die regte keuse, maar dit is addictive en eks seker dat amoretjie dit sou agterkom as die ou 'n coke addict was. no 1 sy gedrag, no 2 sy bank balans en nommer 3 dis addictive so hy sal dit gereeld kort. nie dalk so erg aan die begin nie maar dit eskeleer.

ek twyfel of dit joost is, nes ek getwyfel het of dit fred was
Logged
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #8 on: February 16, 2009, 05:31:04 PM »

Is dit hy..............of is dit nie hy nie?

Make up en manipulasie kan maklik plaasvind...........ek is nog steeds nie oortuig
dis Joost nie. Undecided



Logged

Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #9 on: February 16, 2009, 05:48:47 PM »

Dit is maklik om 'n so video te maak met 'n persoon wat net vaagweg trek na 'n bekende, in die geval Joost.

Is dit hy..............of is dit nie hy nie?

Make up en manipulasie kan maklik plaasvind...........ek is nog steeds nie oortuig
dis Joost nie. Undecided

Ek dink, nee hoop eerder dat dit 'n stront storie is.
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4948



« Reply #10 on: February 17, 2009, 07:15:48 AM »

Joost: ‘Waar is tatoe?’
Feb 16 2009 09:32:56:280PM  - (SA)   
 
Philip de Bruin

Joost van der Westhuizen het minstens een groot “troefkaart” wat glo bewys dis nié hy wat in die sogenaamde Joost-seksvideo verskyn nie: ’n tatoeëermerk “onder sy onderbroeklyn”.

En hy kén die mense in daai video.

Die voormalige Springbok-rugbykaptein het gister aan Beeld gesê sy tatoeëermerk, “waarvan min mense weet naby ’n baie private plek”, is nié op die video te sien nie – en dat die man in die video se geslagsdeel “sommer baie groter” as syne is.

Tog erken hy self: “Ek aanvaar dat enige lid van die publiek wat na die video kyk, maklik sou kon dink dit is ek.”

Rapport het Sondag die bestaan van dié video onthul. In die video, waaruit verskeie beeldgrepe ook vandag in die tydskrif Heat verskyn, het ’n man wat baie na Joost lyk onder meer orale seks en snuif hy iets wat volgens Rapport en Heat ’n “wit poeier” is.

Beeld sou gistermiddag toegelaat word om na die video te kyk nadat Van der Westhuizen dit self gesien het. Dié reëling is op die nippertjie afgestel omdat Van der Westhuizen se prokureurs en Heat se prokureurs ’n ooreenkoms bereik het waarvolgens die vertoon en verspreiding van die video onmiddellik gestaak sal word totdat Van der Westhuizen sy eie ondersoek daarna afgehandel het.

Van der Westhuizen het laat gistermiddag gesê hy het nie ’n interdik teen Heat gevra nie “omdat daar niks is wat ek hoef te laat verbied nie”.

Hy het gesê hy is met sy eie “ondersoek” na die video besig en dat die persone wat volgens hom daarin verskyn, aan hom bekend is. Hy wou nie meer as dit sê nie.

Intussen het mnr. Peter Marx van die Purple Pine-skakelmaatskappy namens Heat in ’n verklaring gesê Van der Westhuizen kan “duidelik in die video geïdentifiseer word”.


Vandag se Beeld
Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #11 on: February 17, 2009, 09:55:21 AM »

Vanoggend op Praat saam op RSG het Rapport se redakteur gesê dat sy DOODseker is dat dit Joost is op die video.  Joernaliste wat  al jare met hom bevriend is, het sy beeld EN stem uitgeken.  Vir hulle is daar geen twyfel dat dit wel hy is nie.

Verder het sy ook gesê dat die verhoogde sirkulasie syfers nie die rede is waarom hulle dit geplaas het nie.   Wink

Ongelukkig kon ek net 3 minute van die program luister.
Ek wonder of daar dalk 'n pot cast van sal wees??
Logged

RTFM!!!
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #12 on: February 17, 2009, 10:42:16 AM »

Joost sê dis nie hy op die video nie.............sy geslagsdeel is baie kleiner as daardie ou s'n

 Evil Evil Evil Evil Evil

Amor sê ook dis nie Joost nie..... Scratch

Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #13 on: February 17, 2009, 10:47:41 AM »

 Ha Ha

Die man erken self die Bulle "skiet tekort" Smile
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
JC
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1453



« Reply #14 on: February 17, 2009, 11:04:00 AM »

Hierdie kommentaar kom van die WEG forum.......... Roll Eyes

"Kan nie hy wees nie. Die video is 30 minute lank. Geen Blou Bul kan so lank stoot nie."  Uhm
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #15 on: February 17, 2009, 11:14:06 AM »

Selfde op die WD forum Smile

It $%^&* be joost, the video is 30min long and there is no way a blue bull could stoot for that long... touch...pause...engage...engage....engage....engage...OMG....engage......ooohhh yes...liefling......
« Last Edit: February 17, 2009, 11:20:46 AM by Trailrider » Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #16 on: February 17, 2009, 11:20:16 AM »

Daar is natuurlik ook 'n paar titels vir die Joost porn movie:

Pale Toe
Die Blou Bul se Horing
Snuif en Spuit - my storie is uit
Hardloop Lyne
Spot my tatoo
Kyk - my saak is reg...
Sny 'n Lyn
Blow my Whistle
Suig my Dirkie 2
Who sniffed the try line....

en my favourite:

Crack On a Hot Thin Goose

 Big Grin
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Gogga
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 516



« Reply #17 on: February 17, 2009, 12:40:09 PM »







Jammer, ek het te hard gedink....

« Last Edit: February 17, 2009, 01:14:07 PM by Diesel » Logged

Any fool can criticize, condemn, and complain - and most fools do.....
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #18 on: February 17, 2009, 12:43:15 PM »

Dankie Diesel. Ek stem 100% saam.

Wat my siek maak van meeste van die mense is die agterbaksheid (is dit 'n woord?). Mense doen sulke dinge. Hulle saak. Maar moenie jou kom voorhou as 'n familie man, Christen en rolmodel en dan sulke kaark aanjaag nie.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #19 on: February 17, 2009, 12:45:07 PM »

Ek dink ons moet vir Joost nog steeds die "benefit of the doubt" moet gee............totdat die teendeel bewys
kan word.

Ek is nie 'n naiwe persoon nie, maar my "gutfeeling" is dat hy dalk tog onskuldig is.

Die hele manier waarop die video gemaak is , is verdag.


Ek sien Joost het nou in die media gesê dat hy "actually" weet wie die mense in die video is!!!
Ek vermoed dis een of ander ou wat by 'n Landbou-skou of  iets seker weer 'n lookalike kompetisie
gewen het.
As Joost sê hy weet wie die mense is, dan sal hy tog seker vir hulle kan ontmasker Cool
Logged

Pages: [1] 2 3 ... 22   Go Up
Print
Jump to: