Operator, jy kan maar trots wees op daardie tyd. Dis FANTASTIES
. Soos ek se ons gaan probeer om dit in 5 ure te ry. Is maar nog beginners.
Het vanoggend met die slicks gaan ry, en was verbaas oor die groot verskil wat dit maak. Het 40km in 1h30min gery en is baie trots daarop. Die vinnigste nog. Toe ons begin het, dis nou 2mde gelede, het ons dit die eerste keer in 2h20min gery. So soos jy kan sien is daar 'n groot verbetering, maar ons is nog ver van jou af.
Gaan na die Argus aanhou met oefen en wie weet, dalk volgende jaar kan ons dit ook doen.
Ok voordat jy dink ek is so fantasties....
Ek het 'n resiesfiets (Raleigh RC7000) soos op die foto, maar myne is net swart.
Die ding weeg 8,8 kg en het van daardie dun wieletjies op en het spesiale "hubs" in die wiele vir minder
"friction". Met ander woorde die ding is gemaak vir spoed.
Moenie jouself onderskat nie..... as mens hard oefen kan jy baie regkry.
Ek neem aan jy het 'n mountainbike, want jy praat van "Knobbies" op die tyres.
Mountainbike is baie swaarder as my fiets en die "hubs" is sterker gebou en gee
meer weerstand (wrywing). Dus is dit onregverdig om 'n vergelyking te probeer maak.
As jy jou eerste Argus ry................doen wat ek nou vir jou sê.
Moenie haastig raak in die begin nie. Probeer 'n gemaklike spoed handhaaf en spaar
jou energie........jy gaan dit ernstig nodig hê in die 2de helfte van die resies.
Dit help niks jy jaag tot in Simonstad binne 'n uur en dan vat dit jou 4 ure om die res
te voltooi nie.
Jou grootste probleem lê by die klimme.
Mense sê altyd Suikerbossie is die ergste............dis nie so nie. Dit voel net die
ergste omdat dit so laat op die roete is.
BAIE BELANGRIKE TIP OM JOU GEESTELIK STERK TE HOU OP DIE DAG:
Sien Suikerbossie se bokant as die einde van die resies..........regtig !
want na suikerbossie het jy nog ongeveer 12 km oor tot die einde waarvan omtrent
11 km afdraand is! Jy gaan daardie afdraand geniet glo my !
Nog iets.........
Onthou, jy gaan nie die resies wen nie. As jy nou 30 minute later inkom.......so what !
Die Argus is 'n lekker experience en die atmosfeer wat heers op Suikerbossie is
ongelooflik. Die locals kom almal uit vir een groot partytjie en hulle por jou aan en as jy
gelukkig is sal iemand jou dalk nog so 'n stootjie ook gee bult op.
Geniet die atmosfeer en die hele ambiance van die dag. Dis regtig groot en sal jou vir
altyd bybly !!
O .........een laaste ding. Ry jou laaste oefening op die laatste die Woensdag voor
die Argus. Bêre jou fiets dan ek klim eers weer Sondag oggend op hom.
Daardie laaste paar dae moet jou spiere net rus en herstel en moet niks stremming
ervaar nie.
en dan bly daar maar net een ding oor..........VOORSPOED !!
Jy gaan dit BAIE GENIET glo my.
PS : Kyk op jou fiets se nuwe bande wat die maksimum "lugdruk" is wat dit kan
hanteer. Pomp jou wiele daardie lugdruk.
Hoe harder jou wiele is hoe minder weerstand het jy en hoe vinniger ry jy met
minder energieverbruik.
Ek ry op daardie dun wieletjies van my met 'n "air pressure van 7,5 bar" !
Dis BAIE hard!