http://www.youtube.com/results?search_query=Radio%20Kalahari%20Orkes&search=tagRadio Kalahari en Chris Camelian se "Staan my by". Ek dink dis uitstekend!
Kyk ook hul DVD vir "Kaptein, Kaptein" , "Crying shame", "Renaisance" en heelwat ander wat defnitief die moeite werd is. Veral as jy in ag neem dat Ian Roberts en sy neef wat saam met hom sing asook hul medester van die castrol advertensie se eerste taal nie afrikaans is nie!
Bietjie simpel een: "Blaas My Vuvuzela" saam met Jack Parrow.
Hulle doen ook 'n paar saam met Valiant Swart
Die storie van Dawie de Lange:
Die Dertigs het aan ’n man met die naam van Dave behoort. Hy was ’n mynwerker, ’n rebel en ’n ongelooflike musikant.
RKO laat De Lange weer lewe en blaas nuwe gees in die liedjies wat die moelikheid veroorsaak het. Dis dieselfde musiek wat vir De Lange in die 30s van die radio afgehou het. Dit wil sê: gatskop boeremusiek uit die dae voor die Afrikaner mak geword het!
Die Musiek
Al die liedjies op hierdie CD is oorspronklik tussen 1934 en 1941 deur David de Lange opgeneem. Songs soos Susannah is kenmekend van sy vroeë, landelike periode. Suikerbossie en Boomstraat is verwerkings van deuntjies uit Distrik Ses. Waar is Betty en Treur Baba Treur vind hulle oorsprong in die swart musiek van Amerika se 'Deep South,' en die res is egte boeretroos. Volgens oorlewendes is die Afrikaanse lirieke meestal deur De Lange self geskryf.
Biografie:
Radio Kalahari Orkes laat Afrikaans se onderrok wys...
Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies... almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’.
Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan...
RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.
Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek... en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme... en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.
RKO beoog om binne die volgende paar maande hul volgende cd uit te bring belowe om mense weer van hul stoele af te lig en op die dansvloer te kry.
Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet. Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld.
Die manne agter meeste van die wysies is hoofsaaklik Dan Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is.
Malan het ook die Teaterstuk, Die Nagloper geskryf, wat handel oor die lewe van die 1930’s se boeremusiek-held, David de Lange. RKO sal in die toekoms ook hierdie opwindende nouveu-boeremusiek songs by hulle vertoning voeg -