Nee nee - ek weet wie sy is, maar sy was nie so groot in Afrikaans musiek soos bv Laurika of selfs Rina Hugo nie...
Tannie Carika van Kraaines was altyd my favourite aanbieder op TV - selfs meer as tannie magda van Wielie Walie
In die 90's het SA redelik Carika koors gehad met die Diaz fees en 'dis 'n land'.
As ek moet raai sou ek sê dat Laurika vir die langste periode die diepste spore in SA musiek getrap het.
Carika, Rina, Sonja Harold en 'n paar ander het 'era's gehad.
Ek vat niks weg nie - sy is een van die grootste name, net nie in my opinie die grootste nie.
Maar ja - Juanita is daar saam met die grootste name. En in my opinie verdien sy dit (ek is nie mal oor die meeste van haar musiek nie, maar sy het talent en haar houding/kop is reg).
Ek onthou in die dae an 'Skarumba' het ek iewers op 'n onderhoud gehoor dat sy sê daar is nie baie talent in liedjies soos daardie skryf en opneem nie, maar dat dit is wat die mark wil hê en daarom doen sy dit. Niks van haar 'kuns' wat wil groei of iets soortgelyk nie.
Daardie dag het ek 'n baie gesonde respek gekry vir haar.
Wat vir my baie cool is is dat die sekulêre SA afrikaanse mark haar 'toelaat' om openlik 'gospel' te sing sonder om haar te 'label' as 'n gospel sangeres.
Dit is nie baie wat dit gebeur dat die 'mark' 'n sanger/sangeres sal toelaat wat met 'paartiemusiek' begin het om later hulle eie ding te doen nie.
Verwys na Lucas Maree.
'Sou kon doen met 'n miljoen' is die eerste ding wat mense dink.
Dan as jy sê - hy sing eintlik dieper songs quote hulle 'droomvrou'.
En that's that.
Ek vermoed dis maar hoe die entertainment besigheid werk.