Dankie Lox
My kop spin nou nog oor wat gister gebeur het.
Nadat ek amper af geval het van die 6de verdieping, en toe my kamera laat val het (10h40), het ek ek die makelaar gaan sien (10h50) (sy kantoor is 2 blokke van waar ek was). Die nodige vorms ingevul, en toe 'n skade verslag en kwotasie gaan kry. My kamera was gespesifiseer vir R4000-00.
Ek het die toe om 12h30 by die makelaar afgelaai. Later in die middag wag ek toe vir my vrou in 'n winkel om na die verskillende kameras te kom kyk. Sy is die een wat dit die meeste gebruik. Ek wou graag die Canon hê (R4800), dit was ook die goedkoopste van die lot. Om 15h55 kry ek toe 'n sms dat R4000-00 in my rekening inbetaal is.
Nadat mamma toe die spul bekyk het, stap ons toe 16h20 uit by die winkel met 'n Fujifilm FinePix SL1000 bundel @ R3850. Sluit in 'n Lowepro sak en 8Gb ultra kaart.
Ek kon nog nie die kamera toets nie, aangesien die battery eers gelaai moet word.
Sy specs is:
a 16 million pixel 1/2.3-inch BSI-CMOS sensor
Fujinon lens's maximum aperture of f/2.9, rising to f/6.5 at the telephoto end of its 24-1200mm equivalent focal length.
Fuji's Intelligent Digital Zoom feature enables you to effectively double the Fuji SL1000's zoom range to 2400mm, or 100x.
1cm Super Macro mode
Full HD video recording at 60p, along with stereo sound
Ek sal maar so met die tyd agter kom hoe lyk die fotos.... sal dringend 'n draai in die willetuin moet gaan maak....