Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: kalahari  (Read 4413 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: August 12, 2013, 06:06:50 AM »

Was die lang naweek in die kalahari op 'n plaas naby Askham.
So paar kiekies geneem:

Sommige in die nag geneem



Het die outjie daar in die veld raakgeloop, eerste keer dat ek hom ontmoet en toe laat hy ook nog toe dat ons sy gesig kan sien, gewoonlik is hy mos baie skaam en opgerol.



sonsaktyd sommer in die ry uit die bakkie geneem



die boom by ons kampplek het 'n versamelvoëlnes gahad



en daardie voëltjies is so besig mens raak moeg net om na hulle te kyk en te sien hoe besig hulle is.







Dis jammer dat daar altyd 'n laaste aand langs die kampvuur is, gelukkig is daar 'n volgende keer 'n eerste aand langs die kampvuur.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #1 on: August 12, 2013, 08:50:35 AM »

Lyk na 'n baie lekker wegbreek, Lox.
Logged

RTFM!!!
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: August 12, 2013, 11:05:16 AM »

prins dit was nou heerlik lekker verby. ek dink daar is min kelders wat die lede so 'n goeie gees onder mekaar het en so lekker dinge saam kan doen. ons het 'n bus met 'n drywer gehuur om ons te neem. ons span het in die huis in die veld geslaap en hy het by die plaashuis geslaap en in die aande saam met die plaas eienaar kom braai by ons. so besluit die een man vooraf ons moet konsert hou ook, fancy dress. elkeen kry 'n opdrag wie hy moet voorstel en die ander weet nie, net hy weet.
dit was vet pret.
agterna sê die busdrywer hy neem baie groepe op spanbou naweke met uitgewerkte spanbou programme. ons langnaweek was 'n jag naweek en dan die fancy dress konsert by. op die ou end seg die busdrywer dis die beste spanbou wat hy nog gesien het, daai uitgewerkte programme kon nie naby die konsert houery nie, elkeen maak hom belaglik en almal lag saam vr almal. vermaak uit die boonste rakke.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #3 on: August 12, 2013, 12:39:15 PM »

Lox

Jou manier van dinge doen maak my lekker jaloers.  Op jou Namibie draad wys jy fotos van waar julle sommer in die veld gekamp het.  Dit is hoe ons dit ook graag doen.  Ek hat al fotos geplaas van waar ons gaan babers vang in Bloemhofdam.  Dan slaap ons sommer op 'n eiland erens.  Dit is rerig van die lekkerste wegbreke wat ek nog gemaak het.

Toe ons so paar jaar gelede in Namibe gaan visvang het, het ons een nag naby Gobabis sommer so ent op 'n plaaspad afgedraai en toe net daar geslaap, net op 'n seiltjie so op die grond.  Ons het toe daarna 'n vrek lekker visvang trip gehad, met BAIE kabeljou en galjoen wat ons gevang het.  Maar as ek nou vir my kinders vra wat onthou hulle van daai trip, is die antwoord altyd daai slaap langs die pad naby Gobabis, en ook die nag se slaap in die woestyn tussen Okahanja en Hentiesbaai.

Dit is waarskynlik waarom hierdie spontane tipe spanbou naweke so lekker uitdraai.  Die hoogs ge-organiseerde stories staan my ook nie aan nie.
Logged

RTFM!!!
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #4 on: August 12, 2013, 04:40:19 PM »

ja prins ek hou ook nie van die erg georganiseerde trippe nie, liewer een of 2 voertuie, so min as kan mense want dan kan jy gou gou 'n besluit neem en makliker kamp plek soek, al is idt in die veld. ongelukkig moet mens soms van die georganiseerde toere gebruik maak as jy sommige plekke wil beleef, maar dis ook te verstane.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #5 on: August 15, 2013, 08:21:13 PM »

Akkoord. Die buite kamp ding is koning. Ek doen dit soveel ek kan.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: