Ek moes werk tot die 21ste, maar kon darem ‘n vinnige 4-dag kuier by die familie in die Vrystaat inwerk.
Oukersaand:
Wanneer jy in die Vrystaat kuier, eet jy vleis. Punt. En pap.
Dag 1 eet ons toe brunch bestaande uit spek en eier, en pap. Aandete ‘n duim dik T-bone, met pap en potbrood.
Oukersdag braai ons wors by die dam, en vir aandete – skaapboud, varkboud, en hoender. Klomp slaaie vir die vroue.
Kersdag het brunch bestaan uit lewer in netvet, met pap. Skaapbraai vir die aand.
Toe ry ons maar vroeg die 26ste, voor ons weer moet eet.
Die 24ste het al die manne gaan babers vang. 10 van ons op die boot.
Die oggend half ses launch ons in die rivier:
Oupa vang die 1ste baber, voor ons ander nog kan ingooi.
Die baas van die boot (kleinboet) se 2 seuns is 7 en vyf jaar onderskeidelik. Die seuns vang self.
Kleinboet:
My ouer broer met ‘n mooi grote:
My seun Adriaan met ‘n 12kg baber
Soms gaan dit dol. Hier het 4 stokke gelyktydig ‘n vis:
Swaer en seun met 2 babers gelykertyd gevang:
Die kleinste hengelaar weeg sy eie vis (die kleinste vangs vir die dag)
Die 7-jarige het ‘n 17kg baber gevang. Dit het hom 30 minute geneem om die vis te land, sonder enige hulp. Pa moet egter die vis vashou vir die fotos, want dit is te swaar vir die kleinman.
En laastens ‘n foto van die 2 boeties met nog babers, met pa wat dit vashou vir hulle: