Pages: [1] 2   Go Down
Print
Author Topic: In die woestyn  (Read 11842 times)
0 Members and 2 Guests are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: October 22, 2012, 04:55:41 AM »

Ek het op my eerste trip gegaan. Daar is 'n stad hier naby wat lank terug onder sand verdwyn het. Ek weet nie veel daarvan nie. Die plek is nie eintlik ingestel op toerisme nie, so inligting is skaars. Daarna het ons by die Bedouins gaan tee drink. Hulle is primitief en pas net hulle kamele op. Gaan nie skool toe nie en dink ok nie dis nodig nie. Hulle is geweldig trots op hulle kamele en sal aanhoudend daaroor praat. Natuurlik praat hull nie Engels nie en alles gaan deur 'n tolk.






























Logged
JZ
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1836


« Reply #1 on: October 22, 2012, 05:06:48 AM »

Ek wou nog altyd Egypte toe gegaan het.

Dit lyk stunning! Ek wonder hoeveel geraamtes is onder in daai put?
Logged

Life is not about finding yourself, it is about creating yourself.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #2 on: October 22, 2012, 07:11:33 AM »

Baie interessant!


Daarna het ons by die Bedouins gaan tee drink. Hulle is primitief en pas net hulle kamele op. Gaan nie skool toe nie en dink ok nie dis nodig nie.


Dink jy nie van hulle is dalk die gelukkigste mense op aarde nie? Min worries.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
JC
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1453



« Reply #3 on: October 22, 2012, 07:27:59 AM »

Ek sien jy gebruik darem die regte hand om die tee glasie mee vas te hou. Al saam met hulle ge-eet?
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #4 on: October 22, 2012, 10:04:09 AM »

Ja, ek eet elke dag saam met hulle, maar dis nie so erg nie, hulle aanvaar my ignorance as ek verkeerd doen. Ek is baie bewus van die kultuur en probeer my bes, suiwer om respek te betoon. Dit is nogal 'n ervaring om sensitief te probeer wees.
Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #5 on: October 24, 2012, 08:36:45 PM »

WS, Ek is so bly jy .... geniet die ervaring! Dit klink regtig interessant! Ja, Boet! Ek dink meer as een keer per dag aan jou en ek leer uit jou ondernemingsgees! Jys 'n yster! Head Bang
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #6 on: October 25, 2012, 11:40:17 AM »

Terwyl jy nou sit en stront praat, hier is nog foto's.





Ken nie die voëls van die plek nie. Nie dat hier baie is nie.





Seker 'n byvanger?



Hierdie jakkals ontwyk my nou al vir meer as 'n week. Hierdie keer was ek gelukkig. Ek het hom van ver af gesien en toe stilgehou. 'n Ander voertuig maak hom toe bang en hy kom toe in my rigting. Nog steeds baie ver, maar ek kon darem 'n foto inkry.

Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #7 on: October 25, 2012, 09:58:29 PM »

Is daai mense kameel boere of doen hulle iets anders ook? is daar darem wieveld of kos iewers vir die kamele?
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
tok-tokkie
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1079


Insects: busy little blighters.


« Reply #8 on: October 26, 2012, 08:49:15 AM »

Here is an article about heritage preservation (or the absolute contrary thereof) in Saudi that will interest you.
http://www.guardian.co.uk/artanddesign/2012/oct/23/mecca-architecture-hajj1
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #9 on: October 26, 2012, 01:46:02 PM »

Is daai mense kameel boere of doen hulle iets anders ook? is daar darem wieveld of kos iewers vir die kamele?

Hulle kan met kamele alleen boer, of 'n kombinsie van klein boerdery en kamele. Natuurlike veld is nie genoeg nie. Hulle behoort aan stamme wat nog baie tradisioneel is. Wilde Weste in die ware sin van die woord. Hulle sal 'n komersieele plaas beset met kamele en die lot. Dan is daar geen manier om hulle weg te kry nie. Hulle huiwer nie om 'n geweer uit te pluk om die situasie bo verdenking te plaas nie. Polisie is bang vir hulle, want hulle is baie magtig. Regtig soos die Wilde Weste.

Here is an article about heritage preservation (or the absolute contrary thereof) in Saudi that will interest you.
http://www.guardian.co.uk/artanddesign/2012/oct/23/mecca-architecture-hajj1

Sadly it is very true. You have to feel for them, however. They were a handful of bronze age camel herders who won the biggest lottery price in history. The biggest problem is that they did not buy a ticket, so they believe it is divine intervention. You can only imagine the rest. Capitalism, cold wars, greedy consultants.

The Spanish probably did worse, also in the name of religion.
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #10 on: October 26, 2012, 01:52:20 PM »

Lox, jy sal waardering he vir die volgende; ons gebruik tussen 100 000 en 120 000 liter diesel per dag. Dis nie 'n tikfout nie. Ons dieseltenk is 1 000 000 liter. Hou ons 8 - 10 dae. Die enjins wat die water pomp is 400 - 500 perdekrag. Water is ongeveer 250 m diep. Enige dag loop daar tussen 70 en 80 sulke enjins.

Diesel kos darem net 42 sent per liter.

Ek skud nog steeds elke dag my kop.
Logged
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #11 on: October 26, 2012, 02:05:09 PM »

Ongelooflike stats.

Het jy reggekom met die wiki?
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #12 on: October 26, 2012, 02:31:23 PM »

ons gebruik tussen 100 000 en 120 000 liter diesel per dag. Dis nie 'n tikfout nie. Ons dieseltenk is 1 000 000 liter. Hou ons 8 - 10 dae. Die enjins wat die water pomp is 400 - 500 perdekrag. Water is ongeveer 250 m diep. Enige dag loop daar tussen 70 en 80 sulke enjins.


 Shocked Shocked
Logged

RTFM!!!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #13 on: October 27, 2012, 07:10:59 AM »


Diesel kos darem net 42 sent per liter.


 Bang Head Bang Head Bang Head
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #14 on: October 27, 2012, 08:27:19 PM »

ek wou seg dis seker nie diesel ir 'n lister enjin wat ligte in die karoo op 'n plaas maak nie.

vrekkit dis klomp diesel. waarvoor pomp julle die water? vir die stad? wat se soort van enjins is dit? Mag jy fotos van die enjins en pompe wys? hoeveel water lewer die boorgate? seker dompel pompe?
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #15 on: October 29, 2012, 11:39:46 AM »

Lox dis 'n boerdery, die water is vir spilpunte, 90 van hulle, so 60 ha elk. Die enjins is meestal Mitsubishi, met een of twee Cats tussenin. Die pompe is boorgatpompe en lewer so 250 kubiek/uur.

Ek het al iewers foto's opgesit, maar ek sal weer.
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #16 on: October 29, 2012, 11:45:19 AM »

Het jy reggekom met die wiki?

Ek dink so, ek moet nog uitfigure hoe om die toegang te reguleer, want dis die maatskappy se intellektuele eiendom en sensitiewe inligting. Ek wil dit darem net effens moeilik maak om toegang te kry. Dan nog die helse werk om alles op te sit.
Logged
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #17 on: October 29, 2012, 12:33:42 PM »

Praat gerus as jy hulp nodig het.
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #18 on: October 30, 2012, 06:44:09 AM »

demit, 250 kubiek meter water per uur is vrek baie. Ek besproei met 63 kubiek meter per uur.
Wat is als onder die spilpunte geplant? 
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #19 on: October 31, 2012, 09:44:52 AM »

Hulle het aartappels, ongeveer 2000 ha, lusern, mielies, koring, een of ander gras wat hulle baal en sorghum. Bietjie waatlemoen en soms ander goed as iemand 'n gier kry.

Hulle is die grootste verskaffer van aartappel aan Lays. Die kwota vanjaar is 60 000 ton. Die spul eet geweldig baie chips. Ek het eenkeer syfers gehoor wat verstommend is. Kan nie meer onthou  nie, maar dit was geweldig baie chips. Ek was in Augustus in die Lays fabriek en dit was baie interessant. Jammer die goed maak so vet!

Ek sal moet leer om van ons te praat en nie hulle nie.
Logged
Pages: [1] 2   Go Up
Print
Jump to: