Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Hospitaalkaarte  (Read 2011 times)
0 Members and 3 Guests are viewing this topic.
DirtCopper
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 922


« on: August 13, 2012, 08:12:38 AM »

Hierdie sou dalk meer gepas gewees het onder die grap draad maar dis feite, enjoy! Smile


Ware mediese aantekeninge op hospitaalkaarte in 'n hospitaal in Mpumalanga:

1. Sy het nie saamtrekkings of koors nie, maar haar man sê sy was gisteraand baie warm in die bed.
2. Pasiënt het borspyn as sy vir langer as 'n jaar op haar linkersy lê.
...3. Op die tweede dag was die knie beter, op die derde dag het dit verdwyn.
4. Die pasiënt is hartseer en huil aanhoudend. Dit lyk of sy ook depressief is.
5. Die pasiënt is depressief sedert sy my in 1993 begin sien het.
6. Ontslagstatus: Lewendig maar sonder my toestemming.
7. Die pasiënt het 'n outopsie geweier.
8. Die pasiënt het geen geskiedenis van selfmoord nie.
9. Die pasiënt het sy wit bloedselle by 'n ander hospitaal gelos.
10. Hy het oor die laaste drie dae net 40 kg opgetel.
11. Sy is verlam van haar tone af ondertoe.
12. Die vel was droog en klam.
13. Die pasiënt het wafels vir ontbyt en 'n anoreksia vir middagete gehad.
14. Hy lyk gesond vir 69. Verstandelik skerp maar vergeetagtig.
15. Het by tye konstante ongereelde hoofpyn.
16. Rektale inspeksie het normale grootte skildklier getoon.
17. Sy was vir die grootste deel van haar lewe hardlywig totdat sy geskei is.
18. Albei borste is eenders en reageer op lig en akkommodasie.
19. Die vel is ietwat bleek maar teenwoordig.
20. Pasiënt het twee tienerkinders maar geen ander abnormaliteite nie.
Logged
CK1
Moderator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4948



« Reply #1 on: August 13, 2012, 04:06:18 PM »

Dit is scary maar tog skreeu snaaks  Ha Ha
Logged

Our death is not an end if we can live on in our children and the younger generation. For they are us, our bodies are only wilted leaves on the tree of life. Albert Einstein
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #2 on: August 13, 2012, 04:52:51 PM »

Toe ons nog klein was, het my ma by 'n hospitaal gewerk as hoof admin beampte.

As die mense die toelatingsvorms ingevul het, het so 2 uit die tien mense, altyd
hulle naam en van en ID nommer ingevul ................en dan daar waar daar SEX staan, het
hulle ingevul : 2 - 3 maal per week.  Smile Smile Smile Smile
Logged

Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: