Pages: [1] 2   Go Down
Print
Author Topic: Vakansie stories  (Read 18314 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« on: July 16, 2012, 08:01:53 AM »

Ek sal seker nog 'n paar interessante fotos plaas en so bietjie vertel van die trip op die regte draad. Daar het egter twee dinge die vakansie gebeur wat ek graag hier wil deel.

Agtergrond:
Ons vertrek die 27ste van Malmesbury af met drie voertuie. Die een sleep 'n boot. (Rubberduck). Ons is totaal 12 mense bymekaar wat bestaan uit twee onvolledige gesinne en 'n paar van die kinders se vriende. Ons bly vir drie nagte by Khaya Umdani en vertrek op 'n Sondagoggend vroeg grens toe.

Storie een:

Ons het al die geld geruil by die vulstasie want ons weet uit ondervinding opgedoen in Zimbabwe dat jy op die grens verneuk word. Ons is redelik ervare met die grens ding, maar vir ons pelle is dit iets nuuts. Daar staan 'n laaang tou lorries. Na die berekening van die spoed waarteen hulle vorentoe beweeg besef ons dat ons seker sowat vier tot vyf ure sal vat om daar deur te kom. NK en haar vriendin en die ander pasasiers besluit toe om al die paspoorte en die voertuigpapiere te vat en solank te gaan uitboek uit SA uit. Dis nie lank nie en sy laat weet dat als afgehandel is en as ons die Que kan "jump" kan ons maar kom. Sy sê dat die rede vir die oponthoud is dat elke taxi afgepak word. Die gerenspos is heeltemal leeg. Julle het sekerlik al gesien hoe die goed gelaai word. Ek laat weet my vriende dat hulle my moet probeer volg en ek skuif die concrete blokke wat die lane skei. Ek ry toe vir ongeveer 2km in die gesig van die aankomende verkeer (daar was nie baie nie) tot bo by die grens en laai die mense op en ry deur na die Moz kant.

Daar is regtig min mense en ons handel die papierwerk binne 5 minute af. Dis waar die sports begin. My minder ervare vriende het heelwat langer gevat om tot by ons te kom. Dis 'n resep vir moeielikheid, 'n Kar vol opgesykte entoesiastiese adrenalien gebooste Moz-gangers met tyd op hul hande. Die eerste twee ouens wat wou kom geld ruil het ek maklik van ontslae geraak. Toe kom daar 'n ouer ou met 'n netjiese aksent en 'n "oop" gesig. Ek besluit ek sal hom fyn dophou. Afterall .. sy koers is uitstekend! Loco

Ons tel saam geld. 300 meticas te min. Dis die ou truuk, se ek vir Louise. Hou hom dop. Ons tel weer die geld. Hy stem saam daar is 300 te min en hy stel dit reg. Vier pare oe het hom dopgehou en almal het saam getel. Ons vriende daag op en ons se dat ons solank gaan aanbeweeg en vir hulle anderkant sal wag. Terwyl ons toe nou daar by Santa Maria se afdraai sit en wag tel Louise weer die geld. Wragtag 2000 meticas te min. Verbasing! Die ou is goed. Ons besluit almal ... vergeet daarvan. Dis 700 rand skoolgeld!

Maar toe bel my vriend. Hulle soek die receit van die opblaaskano's wat op sy boot lê. Ons het die goed oor die internet in Pretoria gekoop en in Marloth laat aflewer. Ons het nie enige bewyse nie. Hulle soek 2500rand invoertax. Ek draai om. Ry deur die hele Moz grens tot by hulle. Onderhandel met die amptenaar. Dring aan dat ons in sy kantoor verder gesels. Raak bietjie hardegat en sê dis fine. Ons gaan die bote hier by hom los. Hy moet net 'n afskrif van sy ID gee en dan soek ek 'n receit wat deur twee getuies onderteken is. Die einde van die saak. Ons raak skielik groot vriende want hy gaan maak of hy nie die goed gesien het nie! Problem solved! HA-aaa!

Toe ek en die ou - hand om die skouer - by die voertuie aankom en ek se vir hulle dis fine hulle kan maar ry, vind ek dat Louise nie in die kar is nie. Waars sy? vra ek vir die kinders. Hie kom sy sê hulle.

Sy stap teen 'n passie so net stadiger as hardloop hand vol note met daai geldruil ou agter haar. Spring in die kar maar voordat sy die ruit kan toemaak hang daar sowat vyf van hulle daaraan. Sy sê RY! RY!. Ek kannie. Daar is voertuie voor my. Ek sê: gee net die bleddie geld terug! Sy gooi die geld met 'n boog by die venster uit en die lot skarrel om dit op te tel. Ek kry 'n gap en ry. Dit gaan nie heeltemal vinnig genoeg nie en na sowat 100 meter hardloop die valutamakelaar weer hier langs die kar. Ek vra: wat soek hy? jyt mos die geld gegee. Sy se: ry net! Die ou beduie vir dood maar ek glip aan die regterkant verby terwyl die poliesmanne met hul AK's die ou se pleidooie dat hulle my moet stop ignoreer.

Waaroor het dit gegeaan? Louise tel met 'n selfvoldane glimlag 'n pakkie note van die vloer af op. Ek kan nie nou onthou hoeveel dit was nie maar dit het die verlies met ongeveer 60% verminder.

Ek het haar geroskam, gepreek oor wat alles kon verkeerd loop en sy het nog twee keer soveel preke van haar seun gekry, maar in ons stilligheid was ons altwee baie trots op haar! Ha Ha Ha Ha Ha Ha

Dis die een storie. Die ander een het op Beaufort Wes gebeur en JISLAAIK dit was 'n nice een. Later... Ek gaan nou eers die drieduisend e-mails scan om seker te maak ek hat nie 'n paar gemis nie. Bang Head
« Last Edit: July 16, 2012, 08:09:05 AM by Umdani » Logged
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #1 on: July 16, 2012, 08:43:44 AM »

 Eek!    lyk my die NK is gevaarlik!
Logged

All things are difficult before they are easy
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #2 on: July 16, 2012, 08:45:33 AM »

Days of our Lives..............Africa style !!!  Smile Smile Smile Smile


Dis 'n lekker storie. Vertel nog....... Plotting...
Logged

Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3331



« Reply #3 on: July 16, 2012, 09:18:28 AM »

Lekker Umdani...
Ek sien sommer weer die prentjie van jou met arms om die speedcop in Moz, terwyl jy vir NK vra om fotos te neem ... Ha Ha Ha Ha
Dit het daai manne lekker vinnig laat spaander!!  Ha Ha Ha Ha
Logged

RTFM!!!
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #4 on: July 16, 2012, 09:25:06 AM »

goeie een  Smile

hoekom wissel julle geld...aanvaar hulle nie R waar jul was nie?
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #5 on: July 16, 2012, 09:35:29 AM »

Die anner een vinnig:

Op pad terug slaap on op Colesberg oor. Dis koud BAIE koud. Veral na Mpumalanga. Die N1 is gesluit by 3 susters. Daar kom geen karre deur nie. Ons staan op en besluit om te brekfis terwyl almal kontak maak met jagplaaspelle, polieskantore en ander vakansiegangers. Daar is verskillende stories, maar feit is dat daar geen karre deurkom nie. Ons besluit om te ry. Ons word twee keer gestop en gaan by baie lang toue lorries verby. Die eerste keer het daar 'n lorrie ge-jacknife en hy versper die geelstreep gedeelte. Die poliesnmanne sluit egter die hele pad. Ons ry verby. Die ander keer is dit meer gesluit. Skynbaar as gevolg van ys op die pad by 3 susters. Ons bestudeer die kaarte en besluit ons vertel die poliesman dat ons op pad is Murraysburg toe. Met die rubberduck? wil hy weet. Natuurlik... jy sien dan hoe lyk die weer! Ons ry. 'n 70km grondpad modderpad beslis net gangbaar vir 4x4 bring ons by Nelspoort en die N1. Al die lorries van 24 uur is op Beaufort. Die hele dorp en nog 'n deel van die distrik staan toegepark onder die lorries. In die hoofstraat staan daar 4 rye. Almal face noord. Aan die linkerkant Daar is 'n nou baantjie oop tussen ry 3 en 4. Net net genoeg vir 'n kar om deur te gaan suide toe. Ons konfooi, swaar van die modder volg die nou baantjie suid. Die kinders is honger en die voertuie kort brandstof. Ons besluit om deur te stoot Leeugamka toe. Hier is te veel chaos. Ons is gatvol. Redelik gatvol. Maar die geduld hou nog tot....

Daar staan by die agterpunt van die tonnel 'n silwer passat. Die bestuurder, 'n netjiesgeklede swart man weier om 5 meter terug te stoot agter die lorrie in sodat die karre kan verbykom. Die karre glip dan maar links in 'n baie nou 1 way met stringe geparkeerde voertuie teen die rigting op na elke een se vrugtelose onderhandeling met die Passat bestuurder en sy twee passasiers. My vriend Derik is agter my met die Jeep en die rubberduck. Ek druk bietjie meer op vir die wegtrek van die passat as die ouens voor my, maar besluit toe ook maar om die aftog te blaas en die ompad te vat. Derik se egter dat hy die ompad een kyk gegee het en besluit het hy gaan dit nie maak met die duck nie.

Ek sien in my truspeeltjie hoe hy uitklim om met die ou te gesels. ongelukkig het ek die res gemis, maar hulle het my toe vertel:

Derik se dat hy baie mooi met die ou gepraat het en verduidelik het dat hy weer daar kan kom staan na hy deur is. Die ou het hardegat gemaak of hy hom nie hoor nie. Intussen het 'n ouerige Xhoza toegtree tot die onderhandelinge. 'n Rasta-haar skollie met 'n vrolike hoedjie het ook luidkeels kom deelneem. Sy kommentaar was: "Naai mineer. Die ding is van Johburg. Hy willie hori. Hy wil voel!" Ek dink die raste het hom klaargemaak vir 'n lekker commin padwoede geveg. Derik se dat hy tot teen die ou gery het en hehoot het. Geen reaksie. Hy het dit oorweeg om te reverse, en maar die 1 way aan te vat. Die ander karre het egter opgepile agter hom.

Toe druk hy maar 'n bietjie teen die kar. Die enigste reaksie was oe wat rek. Toe besluit hy om daai dieselkrag te vertoon. Die freak trap rem maar hy word toe ver genoeg teruggeskuif sodat die karre kan deurkom.

Die beste deel van die storie is: Die ou maak 'n u-turn en volg hom tot waar hy stilhou hier naby ons. Derik sê dat hy toe die reaksie van Rex, sy trekkerdrywer onthou toe hy met die sleepwa tot in die skuur gerevers het. Sonder om die deur oop te maak. Die passatbestuurder klim ontsteld uit en konfronteer Derik wat voor sy kar staan om te sien wat die skade aan die Jeep is.

"Who's ganna pay for the damage?" wil die ou weet terwyl hy na sy gekruekelde passat neus wys.

Derik hou sy kop vas met altwee hand en sê soos Rex gedoen het: "Sorry man. Big mistake. Big mistake, man. Sorry man!"

Ouens .... dit was skreeusnaaks!!!!! Evil
« Last Edit: July 16, 2012, 09:45:07 AM by Umdani » Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #6 on: July 16, 2012, 09:42:26 AM »

goeie een  Smile

hoekom wissel julle geld...aanvaar hulle nie R waar jul was nie?

Dis fine by die hoofroetes en redelik suid. Hoe verder jy van die teerpad af is hoe minder is dit aanvaarbaar. Ons het nie alles geruil nie. Net so dat ons genoeg het vir die markte en informele sektor. En ingeval ons verder Noord sou ry. Inhambane is nog baie soos 'Toti. Nee darem nie heeltemal so nie, maar, Ja, dit is populere vakansiewereld vir die Gautengers.
Logged
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #7 on: July 16, 2012, 10:01:22 AM »

Klink na 'n lekker vakansie

Ek kan my daai ou van Jhb se gesig voorstel toe die Jeep hom stoot...... Smile
Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #8 on: July 16, 2012, 10:15:28 PM »

dankie  vir die lusmakers ek hoop daa rkom fotos ook.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #9 on: July 20, 2012, 02:53:23 PM »

Dis hoe die taxis lyk wat afgepak word!

Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #10 on: July 20, 2012, 05:25:24 PM »

Dis hoe die taxis lyk wat afgepak word!


vrekkit maar hys gelaai. By grenspos  of langs pad af getrek?
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #11 on: July 21, 2012, 08:12:42 AM »

Oppi Grens by Resano Garcia.
Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #12 on: July 21, 2012, 08:50:26 AM »

Nog 'n storietjie...

Op 'n dag het ons besluit om bietjie te gaan rondry. Op die pad tussen Barbarbalaza en Inhambane kry jy 'n redelik onopsigtelike bord wat 'n 2 spoor pad see se kant toe aandui met "Tartaruga" (seeskilpad of turtle) daarop. Tartaruga is 'n baie nice kroeg/restaurant/akkomodasie plek op die duin net bo Tartaruga beach en grot. Ons het die eienaars ontmoet as twee baie aangename mense en het besluit om te gaan kyk hoe dit lyk. Dit is sowat 15 tot 20 km sandpad.
Die groot ding is egter die pad wat by die laaste duin split in "brave" en "save". Ek het voor gery met die FJ en die Jeep en Landrover het gevolg. Die passatstoter Derik ry die jeep en sy seun Divan ry die LR. Derik is 'n baie ervare 4x4 ryer en dis ook maar goed so. Toe ek natuurlik by die keuse kom om links of regs te gaan, vat ek die pienk save roete. So halfpad teen die duin uit is daar planke gepak en ek moes ongelukkig spoed verminder aangesien dit nogal 'n ongemaklike hoe rand gehad het. As gevolg van die stadiger pas gee die FJ toe moed op sowat 10 meter van bo af in die dik sand. Min het die toeskouers geweet. Ek sit hom toe net daar in 4x4 en voel dat hy sal kan gaan, maar besluit dat dit dan te "obvious" sal wees en reverse terug tot op die pale en vat van daar af weer die duin en ry tot bo. Nou het ons 'n uitsig van bo af om te sien hoe die ander twee ouens die "brave" aanvat. Die Landrover met sy minder ervare bestuurder het dit met 'n 200m aanloop die derde keer gemaak. Die Jeep het gesien hoe die LR sukkel en vat toe ook 'n ordentlike aanloop. Hy kom tot waar die LR dit die 2de keer gemaak het. Derik (Vatikaki) vra toe sy pasariers om asseblief die duin te voet aan te vat. Alhoewel dit nie vir hulle lekker is nie doen hulle dit gedwee aangesien hulle darem net die ou die verleentheid moet spaar om, soos die FJ die "save" te moet vat. Toe met 'n langer aanloop en verbysterende spoed kom die man halfpad deur die lug bo! Na al die "high fives" en comments kyk ek na die Jeep en sien steeds die sand loop 'n straal uit die sessie!

Ons kom by die restaurant aan en Umdani trotseer ongeveer 'n uur van spot. Op die een muur is "bakstene" geteken waarin jy dan nou jou naam en voertuigdetail kan neerskryf as jy die "brave" gemaak het. Jy maak ook 'n merkie agter die fabrikaat. Toyota het 'n lys wat langer is as al die ander voertuie saam. Hennie, Tartaruga se baas het die heeltyd vir my aangepor om terug te gaan en dit te probeer doen. Ek het maar net gese dat dit darem te lekker is hier om dit nou te onderbreek. Banggat! Poser met 'n snorkel! Ja, daar is 'n klomp Toyota strepies maar nie 'n FJ nie. Mens weet mos nie wat dit is nie. Een van die vrouens het nogal gesê dat die FJ mos maar soos 'n Rav is wat soos 'n Hummer lyk. Dis nie heeltemal geskik vir die tipe kondisies nie. Ek het op daai oomblik besluit "Faark dit. Ek is nie 'n show off nie, maar ek kan nie langer die verleentheid op my vrou en kinders se gesigte verdra nie!" Ha Ha

Toe ons terugry, ry ek agter. Toe ek onder brave kom maak ek 'n U-turn in die los sand en ry gewoonweg terug op tot bo. Derik se dogter het skynbaar gesê: Shit julle, Umdani gaan dit doen". Sy kla egter dat sy haar kamera reggekry het om die 2de probeerslag op te neem en toe loop die FJ teen luierspoed tot bo.

Vir die res van daai vakansie dra NK vir my Tipo Tinto's en Rasberry aan. Sy hangamy sose heuningby! Ha Ha Ha Ha Ha Ha Ha Ha

Hier is die Landrover met sy eerste poging:

« Last Edit: July 21, 2012, 08:58:53 AM by Umdani » Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #13 on: July 21, 2012, 09:04:07 AM »

Julle ouens wat weet hoe moet maar die draad skuif. Ek gaan nog so paar stories hier post.
Logged
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #14 on: July 21, 2012, 09:13:12 AM »

 Cool Cool
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #15 on: July 21, 2012, 03:16:27 PM »

Die pad terug deur die karoo:







Maggie deurie:



Force!



Grondpad verander in modderpad.....



Tot in Beaufort Wes. Seker die grootste "truck stop" inni wereld!



nog lorries



en nog!





Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #16 on: July 21, 2012, 03:20:29 PM »

Die negotiations op die grens voor NK die dief gaan dief het!!



Strategie word bespreek om die aand se kuiersessie aan te pak! Evil



Da het darem vis ook uit gekom. As mens nou dink wat dit gekos het om die tjoepskuit da te kry wassit bleddie duur vis daai!







Bietjie by Paindane gaan snorkel.



My kar staan heel links op die foto. Dis darem maar lekker om so op die strand te ry. Sorry, ek weet dissie goed nie en mens mag eintlik oki meri!



Die R140 per kop per dag het elke oggend 'n buffet brekfis ingesluit!



Dis hoekom ek nou weer moet honger ly!



Goeie akkommodasie gehad by Palm Grove regs langs Barra @ baie billike prys!



Met 'n nice swembad!



en kos!:



Hout gekoop:



Island hopping in 'n dow:



Daar was 'n "fun run" om fondse in te samel vir bewaring. Almal het deelgeneem en toevallig het NK voortydig gesorg dat ons "span" goed geklee was!



Seer voete:




Sorry. Nie almal het gehol nie! innocent
Iemand moes immers die "back-up vehicle" ry!



Een of ander Portugese skoonheid het die pryse kom oorhandig!

« Last Edit: July 21, 2012, 04:04:22 PM by Umdani » Logged
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #17 on: July 21, 2012, 04:11:07 PM »

Dit lyk na n vakansie van n leeftyd...vir wat wil n mens nou europa toe vlieg as jy local so lekker kan toer.

Ek sien jy het n slurpie vir die FJ aangesit. n Ou wil seker nie tot op daai level duik nie.  Evil
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #18 on: July 21, 2012, 05:59:25 PM »

Baie nice!!!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #19 on: July 21, 2012, 06:25:57 PM »

Dankie

Jy maak my verlang na daai land........sal weer my kans kry een of ander tyd.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1] 2   Go Up
Print
Jump to: