Pages: [1] 2   Go Down
Print
Author Topic: Kaapstad Roadtrip – Feb ‘11  (Read 10721 times)
0 Members and 3 Guests are viewing this topic.
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« on: March 02, 2012, 07:45:46 PM »

Net meer as ‘n jaar gelede was dit tyd vir ‘n roadtrip. Een epic langnaweek wat al vir ’n paar maande beplan is.  Die Woensdag het Glen en Bruce by my huis aangekom.   Môre ry ons Kaap toe.

Dag 1



Ons het net voor 6 in die pad geval.  Vanaf Cradock ry ons na Graaff-Reinet, en dan verder suid met die N9.  Die ooppad na Aberdeen is stil.  Bruce dut so ‘n bietjie.  Ek en Glen filosofeer oor lewe in die deel van die land.

Die dam het vir die eerste keer in jare water in. 

Beervleidam







Na omtrent ‘n halfuur se rondkyk en bene rek ry ons verder suid.  Die R341 vat ons tot op De Rust waar ons stop vir brunch. 





Magies vol en nou moet ons verder. Maar ons is nou hier so ons ry eers noord.  Ek het jare terug laas deur Meiringspoort gery, en toe was daar nie gestop nie.  Ons het nou die tyd.

Meiringspoort

Daar word by amper al die driffies gestop, en tussen my en Glen word foto’s geneem, party sommer so in die ry.









Na die uur se detour is ons weer oppad.  Volgende stop, Oudtshoorn.  Ek het baie jare terug vir so twee en ‘n half jaar hier gebly.  Die dorp het egter so baie verander. 

Die tenk word volgemaak en die volgende been aangepak.  Die R62 wes.  Met tussen poses is dit baie stil in die kar, albei passasiers dut.



By Barrydale wou ek stop, maar die plek is toe en ons ry verder. 



Volgende stop en bene rek is in Robertson.

Die pad raak besiger tot in Worcester, waar die detour na die N1 ‘n paar mense omvergooi.

Net voor die tonnel haak ek ‘n links en ry oor die pas.







Net voor half sewe kom ons in Paarl aan en ontmoet eers ons gasheer vir iets te drink.

En toe is dit na sy huis vir ‘n lekker aand se kuier.



Logged
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #1 on: March 03, 2012, 06:43:05 AM »

 A1 Laat waai, hoog tyd  Wink
Logged

All things are difficult before they are easy
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #2 on: March 03, 2012, 06:45:36 AM »

Amper vergeet ek


 Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday
Logged

All things are difficult before they are easy
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: March 03, 2012, 12:06:49 PM »

Report tyd - yay! Head Bang

Ons wag in spanning vir die res!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #4 on: March 03, 2012, 02:03:50 PM »

 Head Bang Head Bang

wag in spanning. Head Bang
Logged

teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #5 on: March 04, 2012, 12:00:56 AM »


Nog so ’n paar random foto’s van Dag 1.

















Logged
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #6 on: March 04, 2012, 12:17:52 AM »

Amper vergeet ek


 Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday Birthday

Dankie
Logged
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #7 on: March 04, 2012, 12:23:09 AM »


Dag 2



Na ‘n lekker nagrus, val ons 8 uur in die pad.  Bruce word in Pinelands by familie afgelaai.  Ek en Glen gaan laai eers ons bagasie af by die gastehuis, waarna ons ‘n draai maak by die V & A Waterfront.







Half twee besluit ons om die skiereiland te verken en ry kuslangs en oor Chapman’s Peak.













Daarna gaan ons na The Boulders in Simonstad.





Tyd vlieg en ons ry terug via Vishoek en Kalkbaai.  By Strand St aangekom is dit chaos.  Baie van die strate is toegemaak vir die konsert, dis 16:15 en die verkeer staan.  Dit vat my 53 min om 3,6km te ry tot by die gastehuis.  Noodgedwonge mis ons ook die drinks uitnodiging.
Logged
R-O-V-Rat
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3433


Mehtuselah.


« Reply #8 on: March 04, 2012, 09:32:58 AM »

Subscribed! Baie nice.  A1
Logged

AKA Rowwerot
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #9 on: March 04, 2012, 05:57:45 PM »

Ons maak reg en stap af na die stadion, die rede vir die roadtrip.


































Quote
The full setlist was:
1.   Beautiful Day
2.   I Will Follow
3.   Get On Your Boots
4.   Magnificent
5.   Mysterious Ways / The Way You Make Me Feel (snippet)
6.   Elevation
7.   Until The End Of The World / Anthem (snippet)
8.   I Still Haven't Found What I'm Looking For
9.   Stand By Me
10.   North Star
11.   Pride (In The Name Of Love)
12.   In A Little While
13.   Miss Sarajevo
14.   City Of Blinding Lights
15.   Vertigo
16.   I'll Go Crazy If I Don't Go Crazy Tonight / Relax (snippet) / Two Tribes (snippet)
17.   Sunday Bloody Sunday
18.   Scarlet
19.   Walk On / You'll Never Walk Alone (snippet)

Encore(s):
20.   One
21.   Amazing Grace (snippet) / Where The Streets Have No Name / All You Need Is Love (snippet)
22.   Hold Me, Thrill Me, Kiss Me, Kill Me
23.   With Or Without You
24.   Moment of Surrender


« Last Edit: March 04, 2012, 06:08:39 PM by teri II » Logged
Operator
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6905



« Reply #10 on: March 04, 2012, 06:25:03 PM »

Dankie Teri..................dis soooo nice.................veral in memory van Glen.

What a great man he was !!!  A1
Logged

teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #11 on: March 04, 2012, 07:55:25 PM »

http://vimeo.com/37900350
« Last Edit: March 04, 2012, 08:03:00 PM by teri II » Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #12 on: March 06, 2012, 07:42:02 AM »

Wow! Dit was een MOERSE party!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #13 on: March 06, 2012, 08:29:19 PM »

Dankie Teri..................dis soooo nice.................veral in memory van Glen.

What a great man he was !!!  A1

En het hy dit nie ongelooflik baie geniet nie.  Een ongelooflike gesponsorde trip, met 'n paar ekstras ingebou.
 

Wow! Dit was een MOERSE party!

 A1  Head Bang
Logged
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #14 on: March 06, 2012, 08:36:20 PM »


Dag 3





Net na 10:00 laai ons vir Bruce op.

Die roete vandag is hoofsaaklik die N2, maar ons is al klaar gewaarsku rakende die padwerke.  Ek sal maar sien as ons daar kom.

Sir Lowry’s Pas





Volgende bene rek is Swellendam.  My planne verander ook gou en ek draai noord.















Logged
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #15 on: March 06, 2012, 08:56:15 PM »

















By Riversdale draai ek weer op die N2.  Die gasheer vir die aand bel al om te hoor hoe ver ons is.  Ons arriveer net na 16:00, maar ons gaan ook nou eers uit.

Ons kuier lekker saam met die forumlede.









Logged
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #16 on: March 06, 2012, 09:01:27 PM »

Dankie, baie nice  A1

En ons het baie lekker ge kuier daai aand in Groot Brak  Clap Clap Clap
Logged

All things are difficult before they are easy
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #17 on: March 06, 2012, 09:46:12 PM »

Het jy nie daai foto van Glen waar hy op daai umpire stoel gesit het nie?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #18 on: March 12, 2012, 10:52:09 PM »

Dankie, baie nice  A1

En ons het baie lekker ge kuier daai aand in Groot Brak  Clap Clap Clap

 I agree


Het jy nie daai foto van Glen waar hy op daai umpire stoel gesit het nie?

Ongelukkig nie TR.  Dit was een van julle wat hom op die stoel afgeneem het.
Logged
teri II
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 159



« Reply #19 on: March 12, 2012, 11:14:32 PM »


Dag 4

Ons gaan eers strand toe. 





Na ‘n ruk se rondloop besoek ek en Glen ook die cache.



Ons is terug na die huis en geniet ‘n versnappering uit die see voor ons net na twee in die pad val.



Ons stop eers by die Engen in George.



Kwart voor drie vat ons weer pad ooswaarts.














Ek moet eers die twee wys wat ek laasjaar Mei aanskou het.



http://www.saforums.co.za/rlt/index.php?topic=7113.msg94126#msg94126
 Yeah that!

Dis 17:20 toe ons uiteindelik daar wegtrek.  Dis nog 240km tot by vanaand se bestemming. Maar eers die gewone stop by Colchester.  Ons arriveer 19:45 by die wildsplaas waar Bruce voorheen gewerk het.



Nog ‘n lekker aand se kuier en braai, en sterre.  Daar is feitlik geen ligbesoedeling nie.

Logged
Pages: [1] 2   Go Up
Print
Jump to: