Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Glentana Cave  (Read 5067 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« on: November 27, 2010, 05:13:51 PM »

Ek en die seuns het vandag ons eerste Geocache gaan soek. Die Cache se naam is Glentana Cave en 'n grot het geklink soos net die ding vir ons!

Gestop by die parkeer terrein by Glentana Strand, GPS aan gesit en begin stap.

Die Geocache is anderkant daai koppe - ons moes wag vir laagwater voor ons kon gaan. Heel week die getye dop gehou en so 2 ure voor lae gety begin stap. Mens weet mos nooit hoe ver dit is / hoe lank ek tot daar en terug gaan waggel nie... Smile



Daar was bietjie mis, maar dit was warm en humied. Ek het maar gesuffer in die hitte en met die stap op die sand, veral na gister aand se dak nat maak. Roll Eyes

Die Paddaman sien iets raak:



'n Jellyvis!



Met hoog gety is die water tussen die rotse - dis hoekom ons moes "time" vir lae gety.





Pap nat gesweet en moeg kom ons uiteindelik uit by wat lyk soos die grot wat ons soek:



Op geklouter tot daar - nogal 'n tamaai grot!





Die soektog begin...



Sien julle hom?



Ons eerste "find"!



Daar is nogal 'n Travelbug ook in! Cool



Ons het niks in gesit nie en niks gevat nie, net die logboook geteken. Ek sal later dinge begin ruil en skuif as ek meer gemaklik is met al die reëls en etiket van Geocaching.

Die view uit die grot uit:



Lekker uitstappie. Cool



Strand scenery:



Ons het seker gelyk soos Walies soos ons ons verkyk het aan alles. Ons was (behalwe vir nou die dag gou) 4 jaar laas op die strand.

Hiervan gaan ons kom haal: Big Grin



Die pad terug:





Ons het op die nat sand gestap op pad terug. Met al die sweet het ek al die kwaad van gisteraand uit gesweet en die stap terug was actually baie lekker. Ek kan sien dat ek met die Geocaching baie meer gaan stap. Dit kan net gesond wees.

Die water was helder en skoon, ook glad nie koud nie.



Myle se strand om op te stap:



En 10 minute voor lae gety was ons terug by die kar en klaar.

Dis was nou lekker. Die Geocaching ding kan werk. Head Bang Lekker vermaak vir die hele familie. Ek sien nie die nut om langs die pad êrens te stop om 'n geocache te soek by 'n tafeltjie en stoeltjies sommer net vir sommer nie, maar hierdie interessante caches op mooi plekke kan werk. Ek sou nie andersins ooit die plek gesien het of vandag se oefening gekry het nie. Ek sal sulke caches uit soek.

Daar is nog een naby die een - verby die wrak. Ons sal hom ook gaan soek as Vuurvlieggie kan saam gaan. Wink Watch this space Evil
« Last Edit: November 27, 2010, 06:49:38 PM by Trailrider » Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #1 on: November 27, 2010, 07:24:48 PM »

Dis 'n mooi strand daai  Cool
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« Reply #2 on: November 27, 2010, 07:55:39 PM »

Welgedaan TR  Clap


Hoe voel die knie na die stap op sand ?
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: November 27, 2010, 08:00:31 PM »

Nee wat, knie is reg soos reën. Cool

Ek is nou nogal opgewonde oor die stappery.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Gogga
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 516



« Reply #4 on: November 27, 2010, 08:13:41 PM »

Wow, dit lyk pragtig daar... ek wou dit al paar keer doen, maar die gety was elke keer nie reg nie.
Ons het inderdaad 'n pragtige land!
 Head Bang
Logged

Any fool can criticize, condemn, and complain - and most fools do.....
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: