Van daar het ons na Duwiseb kasteel gery.
Langs pad het dit net mooi gelyk
Langs pad het ons by die patent van ‘n windpomp verby gery.
maar dit lyk nie of hy werk nie. Die wind het heeledag sterk gewaai en langs pad het ons oorweeg om op ‘n plaas sowat 20 km voor Duwiseb te kamp maar die wind was te erg. Gelukkig is daar by Duwiseb se kamp terrein lekker groot bome wat die wind goed keer, dus het ons lekker windstil aand gehad en lekker gekamp en slaap. Duwiseb kasteel is daar in die middel van nêrens gebou en die materiaal is met ossewaens aangery van Ludritz.
Duwiseb kasteel
Kamppeerplek by Duwiseb. Mooi nuwe, skoon en netjiese ablusie
sononder by Duwiseb
braaityd
eettyd