Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Top Gear se geheime man ontbloot  (Read 4923 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« on: September 02, 2010, 07:09:56 AM »

Die identiteit van “The Stig” - die misterieuse toetsmotor-bestuurder op die gewilde BBC motorprogram Top Gear - is Woensdag bekendgemaak nadat die uitsaaier ‘n regsgeskil verloor het om sy naam geheim te hou.

Ben Collins, wat sy resies-loopbaan in 1994 begin het en op Formule 3-vlak gery het, se identiteit as The Stig het bekend geword nadat Londen se hooggeregshof geweier het om ‘n tydelike interdik toe te staan sodat sy identiteit nie in ‘n opkomende boek sal verskyn nie.

In elke episode van Top Gear kan The Stig gesien word waar hy in ‘n wit oorpak om bane jaag, sy gesig weggesteek agter ‘n wit helmet met ‘n donker skerm.

Die BBC het regstappe geneem om publikasie van ‘n outobiografie, waarin hy bekendmaak dat hy die toetsbestuurder is, deur die uitgewers HarperCollins te verhoed.

Die uitgewer beweer dat The Stig ‘n vertroulikheidsooreenkoms gehad het en dat die bekendmaking van sy identiteit kykers se genot van die program sal bederf.

Tog, na meer as ‘n dag se regsprosesse, het prokureurs vir HarperCollins gesê dat die saak in hul guns geëindig het.

HarperCollins het gesê dat dit teleurstellend was dat die openbaar befondsde BBC besluit het om geld op regstappe te spandeer.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Viking
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2065



« Reply #1 on: September 02, 2010, 08:40:43 AM »

Ek is 'n GROOT Top Gear aanhanger en dit gaan nou nie Top Gear vir my bederf nie. Kry maar 'n nuwe bestuurder sodat die geheimsinnigheid weer daar kan wees en niks is anders nie. Bly die beste motor program op TV.  Head Bang
Logged

All men die but not all men live.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #2 on: September 02, 2010, 08:42:29 AM »

Ek dog dis Shumi Sad


 Smile
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Viking
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2065



« Reply #3 on: September 02, 2010, 08:58:47 AM »

Episode 1 reeks 10, dit IS ScHUMI.  Wink
Logged

All men die but not all men live.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #4 on: September 02, 2010, 09:13:54 AM »

 Evil
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Berm_Rooster
Regular
*
Offline Offline

Posts: 41



« Reply #5 on: September 02, 2010, 11:14:18 AM »

Episode 1 reeks 10, dit IS ScHUMI.  Wink

Daai was net n foefie! Dink julle regtig MS het tyd vir sulke stront? Niks nog te se van wat hy gaan charge nie. EK dink nie die BBC het genoeg bucks vir hom nie!

Dit is vir my ook jammer dat dit nou op die lappe is, maar dis OK. Soos Viking se, kry n nuwe ou en moet net nie sy naam noem nie.
Logged
Dr Dirt
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 628



« Reply #6 on: September 02, 2010, 11:25:16 AM »

Kry n vrou en verander die wit  uitrusting n bietjie. Evil
Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #7 on: September 02, 2010, 11:37:16 AM »

Kry n vrou en verander die wit  uitrusting n bietjie. Evil

Ja! Hoe hakke, kort rompie, rooi kruis op die hoedjie. Big Grin

Ag my bloeddruk, miskien moet sy kom check!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #8 on: September 02, 2010, 11:52:54 AM »

Ag my bloeddruk, miskien moet sy kom check!

Ek dog jou mediese span het gese jy is perdfris  innocent
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #9 on: September 02, 2010, 11:57:36 AM »

Ag my bloeddruk, miskien moet sy kom check!

Ek dog jou mediese span het gese jy is perdfris  innocent

Yup! Ek sal haar mos dan nou wys ek is perdfris! Big Grin Maar mens kan nooit te versigtig wees nie. Mens moet maar gereeld check-ups kry. Evil
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: