Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kingfisher Magic forest  (Read 8856 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« on: May 02, 2011, 07:41:27 PM »

Kingfisher Magic forest

Het hierdie cache vandag gaan soek en die naam se alles!    

Dis op die Kingfisher trail wat deur die woud loop naby Hoekwil,  en dit is beslis MAGIC!

Daar is n fooi betaalbaar (R20)  om die roete te doen,  maar as mens sien hoe mooi die 'boardwalks' is , is dit beslis die moeite werd.



Om by die cache uit te kom, moet jy die hele roete doen, wat 3.6km lank is. (7.2km retoer)



Op hierdie bord wat die roetes aandui, was dit duidelik dat daar n "kortpad" is, by die bosduif loop. Ek is egter vinnig herinner aan Langenhoven se woorde: " As die kortpad beter was, sou die hoofweg daar geloop het"

Die bosduif loop  moet slegs aangedurf word as jy bo gemiddelde fiksheid het,   of as jy genoeg tyd het om elke nou en dan te rus.
Maar as jy wel die tyd het om op te sukkel tot bo, doen dit gerus, die uitsig maak dit uit en uit die moeite werd!




"Hierdie fotos is op n hoogte van omtrent 150m bo seevlak geneem. en die rivier wat onder gesien word is basies op seevlak.  Dit behoort n idiee te skep van hoe intens die Bosduif loop se klim is"


Indien jy die gewone roete doen, wat langs die rivier bly,  is die roete relatief gelyk. Slegs hier en daar n helling om te klim. Maar elke keer wat daar n helling is wat geklim moet word, is daar hout trappe gebou wat dit baie vergemaklik. Inteendeel, omtrent 80% van die roete is met hout 'boardwalks' uitgele.





Op die roete wat langs die rivier loop is daar ook n pont wat jy gebruik om die rivier mee te kruis.




Aan die einde van die roete is daar 2 watervalle wat die hele roete weereens die moeite werd maak.








Net n waarskuwing :.

Tussen die eerste en tweede waterval is daar n redelike helling wat geklim moet word.  Waneer omstandighede droog is behoort dit seker nie n probleem te wees nie, maar vandag was dit nat van reen en ongelooflik glad.  Die enigste manier vir my om dit te klim was deur my skoene uit te trek en hande vier voet die klippe uit te klim.


nog fotos wat ek daar geneem het:









Hierdie is volgens my presies waaroor Geocaching gaan.   Dis beslis die moeite werd om n dag te gebruik om hierdie cache te gaan soek.   Die woude en uitsigte (bosduif loop) en watervalle en natuurskoon ens is so goed dat dit basies slegs n bysaak raak om die cache te vind.   A1
« Last Edit: May 02, 2011, 07:47:05 PM by GRyPH » Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: May 02, 2011, 07:55:46 PM »

 Head Bang Woo! Head Bang

Ek gaan dit so gou as moontlik doen!
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #2 on: May 02, 2011, 08:01:53 PM »

nog fotos:







Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: May 02, 2011, 08:04:33 PM »

Nou ja, die een wag vir my en Ben Blain wag vir jou. Dis bitter jammer "Century old wreck" is ge-archive.

Het jy die team ge-"log"?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Ponytail
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 665



« Reply #4 on: May 02, 2011, 08:06:29 PM »

 A1 Dit is absoluut beeldskoon mooi daar!! Dit lyk soos 'n stukkie hemel op aarde...

 Head Bang

Logged

Kinders is die lewendige boodskappe wat ons stuur na 'n tyd wat ons nooit sal sien nie.
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #5 on: May 02, 2011, 08:15:29 PM »

Nou ja, die een wag vir my en Ben Blain wag vir jou. Dis bitter jammer "Century old wreck" is ge-archive.

Het jy die team ge-"log"?


ek wou vandag Ben Blain gedoen het maar na ek die bosduif loop gedoen het wou my bene nie meer saamwerk om nog n roete te stap nie   LMGA

Na vandag se stap het ek die een op Cradock peak  ernstig heroorweeg  LMGALMGALMGALMGA


ek het dit in die boekie geskryf vir die team ja,  maar nog nie gelog op die site nie.   ek sukkel om op geocaching in te kom,   ek sien hul gaan af wees die 4de, wonder of dit iets daarmee te doen het.
Logged

GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #6 on: May 02, 2011, 08:19:04 PM »

A1 Dit is absoluut beeldskoon mooi daar!! Dit lyk soos 'n stukkie hemel op aarde...

 Head Bang




Dit is dit wel  A1      beslis die moeite werd om te besoek as mens naby is.  Smiley
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #7 on: November 16, 2011, 04:41:30 PM »

The Garden Route National Park management confirmed this week that a section of a favourite hiking trail on their park has been closed off from the public.

Hikers no longer have access to the section towards the waterfall on the Half-Collared Kingfisher trail.

The footpath to which the public has had access for decades has been barricaded by the private landowner who owns the waterfall section.

This week, landowner Michael Swanepoel confirmed he had closed off the path. "Legislation has changed radically and I have to protect myself against public liability claims."

An avid hiker, Strawberry Hill owner Bill Turner who owns a large tract of indigenous forest in Wilderness, said it is ridiculous that SANParks have not persuaded the landowner to keep this beauty spot open to the public.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #8 on: November 16, 2011, 04:41:56 PM »

Is dit waar die cache is?
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #9 on: November 18, 2011, 02:26:56 PM »

ek dink so ja..  Eek!     die cache is reg by die waterval.
Logged

Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #10 on: May 20, 2013, 05:15:50 PM »

 Undecided

TUINROETE NUUSFLITS - 'n Gesin van George is op Sondag, 19 Mei, by die waterval op die Kingfisher wandelroete van die Wildernis Nasionale Park aangeval en beroof van hulle selfone en juweliersware.

Volgens mnr. Kolie Visser van Mosselbaai, wat saam met sy vrou Elza die eerste persone was om die gesin by te staan, het vier swart mans verby hulle gedraf op die wandelpad met 'n vrolike "good morning, sir".

Die gesin het by die waterval uitgespan toe die mans met lang messe op die toneel verskyn het. Daar word vermoed dat hulle van Hoekwil se kant af beweeg het.

Die publiek word daarop gewys dat hierdie voorval wel plaasgevind het en dat versigtigheid aan die dag gelê moet word indien hulle op wandelpaaie gaan stap. Veral enkellopende vrouens, asook ouer persone stap gereeld daar, juis omdat mens so veilig voel.

Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #11 on: May 21, 2013, 09:19:57 AM »

 Angry
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarré
GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #12 on: May 21, 2013, 09:28:10 AM »

Ja ek het die storie gesien.  Dit maak mens moerig. Dis van die min plekke waar mens nog lekker kan gaan stap en ontspan.
Ek het self n cache daar geplaas.
Logged

GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #13 on: May 22, 2013, 08:40:46 AM »

GEORGE NUUSFLITS - Knap speurwerk deur konstabel Patrick Songwiqi van die George-polisie het tot die arrestasie van drie mans gelei wat die afgelope naweek 'n plaaslike gesin op 'n wandelroete na bewering beroof het.

Die drie verdagtes (tussen 19 en 33 jaar) verskyn vandag in die George-hof op aanklagte van gewapende roof.

Die gesin van vier is Sondag by die waterval op die Kingfisher-wandelroete in die Wildernis Nasionale Park beroof van hulle selfone en juweliersware.

Lees meer Donderdag in die George Herald, asook aanlyn.
Logged

GRyPH
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1528


Some things can't be done cautiously!


« Reply #14 on: May 22, 2013, 08:42:53 AM »

En onder in die kommentaar:

"Net n regstelling,dis lede van Openbare Orde Polisie wat twee van die verdagtes gevang het!!!!!!!!!!!"
Logged

Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: