Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Nog 'n paar Moz fotos...  (Read 3157 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« on: July 23, 2012, 08:14:28 AM »

Dis hoe die kamers gelyk het. Kyk, jy mag miskien meer daarvan hou om in 'n tent te slaap, maar as jy dit hier kry teen tentkamp se prys en jy hoef nie die pakkerasie saam te ry nie!.....



Ons het ver gery..



en koud gekry op pad...



Die pad was lank...



Ons het geroei....



en gekuier....



en ge-explore..



fun gehad...



ge-beach bum!



sommer net laf gewees...



skelm gerook!



Alles was baie lekker...



Vir myself was daar een baie groot "downside". Behalwe vir die feit dat nie een van my eie kinders kon saamgaan nie  het my seun in die ICU beland vir 8 van die dae terwyl ons daar bo was. komplikasies met 'n blindedermoperasie. Hy is ontslaan ongeveer twee dae voor ons huis toe gekom het. Dit was traumaties, Ek is besig om die huisverband te vergroot om die selfoonrekening uit te sort! Smile

Praat met my of NK as julle miskien daar wil gaan. Ons het regtig goeie kontakte opgebou en vriende gemaak!




Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #1 on: July 23, 2012, 01:38:05 PM »

Umdani, ek praat met jou, ek wil gaan. lyk my ek het navraag van paar emnse wat wil hê ek moet vlg jaar vir hulle Moz toe neem.

Watter plek is die wat jy hier wys?

Sal later meer uitvind by jou.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #2 on: July 23, 2012, 01:53:15 PM »

Lox, jy moet hier gaan kyk:

http://www.palmgrovelodge.co.za/

Ons het 'n Ubuntu-deal gekry. As jy weet hoe die goed werk is dit nogal nice. Die ding werk min of meer so: Ubuntu, Groupon of so iemand adverteer die akkomodasie teen ongeveer helfte van die normale prys. Die instansie kry net 60% daarvan. Jy kontak hulle dus direk en bied hulle 'n rand meer aan as wat Ubuntu dit voor doen. Hulle is kontraktueel met Ubuntu verbind dat hulle dit nie mag doen teen dieselfde of laer nie. Palm Grove het daai trick nou by NK geleer. Dit sit meer geld in hul sak en hul kan dus vir jou iets ekstra gee. Ons het 138 per persoon per nag betaal met 'n brekfis elke oggend. En baie ander personal goetertjies. EN meeste van alles. 'n Paar baie goeie vriende. Ubuntu het dit geadverteer vir 137 waarvan Palm Grove seker ongeveer 70 sou kry. Waarom die mense die deals aangaan weet ek nie. Hulle verpes ons gereeld daarvoor. Ek dink dis iets wat jy net doen as jy nie weet hoe om op die net te bemark nie.

Die skipper het een geleen om vas te hou!

« Last Edit: July 23, 2012, 01:58:02 PM by Umdani » Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #3 on: July 23, 2012, 02:19:19 PM »

Daar is 'n verskeidenheid van akkommodasie. Die huis waarin ons gebly het was sowat 15 tot 20 meter van die beach af in die 2de ry van voor af. Dis beter so aangesien die restaurant saans in 'n redelik bedrywige pub met harde musiek verander. Ons het nie omgegee daarvoor nie. Veral gesien in die lig van die feit dat ons kinders die hart en siel van elke aand se party was kon ons ook nie eintlik kla nie. Daai R&R's is goeie earplugs! Ha Ha Ons huis was groot. Vyf slaapkamers met badkamers. Een van die kamers het 4 enkelbeddens gehad en het goed gewerk vir die 3 enkel jongmanne. Al die kamers maak op die verandah oop en daar is 'n groot kombuis met genoeg sitplek vir almal om die tafel. Langs die afdak buite is die braaiplek. Die eienaars is Vrystaters en hulle geniet ooglopend die bedryf. Hul seun Klein Lucas is 'n raakvatter en jy kan maar net se wat jy soek. Volgens die jongspan gaan hy ook nie saans eintlik rus nie! Evil Louise en sy ma, Retha by wie jy besprekings doen is teen die tyd ou pelle. Haar man, "Groot Lucas" maak soggens die brekfis.



Daar is heelwat ander plekke ook wat ons kan aanbeveel. As die Ubuntu deal nog aan is sal jy nie maklik 'n beter deal as die een kry nie! Ek sal Louise vra om uit te vind. Smile
« Last Edit: July 23, 2012, 02:21:17 PM by Umdani » Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #4 on: July 23, 2012, 02:34:28 PM »

Daai deal is geskiedenis.

http://www.ubuntudeal.co.za/ubuntu-travel/history/palmgrove-lodge-accommodation/

Gee bietjie kans.......

Gaan kyk ook hier...
Ek dink nie hier is sulke maklike snorkel reefs nie. Dis egter nie land-uit om te ry nie. Solank jou kar reg is! Evil
http://tartarugabeach.co.za/

Die eienaars, Hennie en Hanlie is great mense. As jy mislien kontak maak sê vir Hennie Umdani, die dik ou met die wit FJ het jou gestuur!
« Last Edit: July 23, 2012, 02:42:37 PM by Umdani » Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #5 on: July 23, 2012, 06:33:38 PM »

Dankie Umdani
ek dink nog, wil 'n scuba trip vir 2013 beplan. sal ook eers moet hoor hoeveel tyd hetd ie wat wil saamgaan en hoe ver hulle wil ry, dlak weer in die suide, maar ons sal dit nog bespuit metteryd. is goed om van ander plekke ook te weet.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: