nie baie moeilik nie.
1) location location location. - besluit op n plek waar jy dit will plaas.
2) kry tupperware , sit in die cache nota (jy kry dit op die site- beide eng en afr.) logbook pen en watookal jy nog wil , binne die cache. (n ziplock sakkie werk lekker om alles droog te hou binne die cache, en sommer n swartsak om die cache self droog te hou)
3) gaan steek die cache weg op die plek wat jy ingedagte het. neem die presiese gps koordinate af van die wegsteekplek. Skryf dit met permanente merker op die cache self, (saam met die naam van die cache) . Hou ook n afskrif van die koordinate by jou. (jy gaan dit nodig he om die cache te log) (as jy wil kan jy extra inligting ook afneem, soos hoogte bo seespiel ens.)
4) gaan huis toe en log dit op die site. hierso:
http://www.geocaching.com/hide/report.aspx . Jy kan soveel detail soos jy wil insit op hierdie vorm. Dit wat van jou benodig word, sal op hierdie bladsy van jou gevra word.
en dis al wat jy moet doen.
dan moet die cache net hersien word. Die hersiener is n 'volunteer' so die tyd wat dit vat om gebupliseer te word verskil, maar is gewoonlik enigeiets van 1-3 dae vanaf jy dit log.
Uit die aard van die saak is meer inligting n bonus, so hoe meer navorsing jy oor die spesifike plek kan doen waar die cache geplaas word hoe beter.