Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: skepe  (Read 3975 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: June 12, 2010, 07:51:35 PM »

Fotos by iemand gekry wat op die hawe werk. Gedink ek sal dit hier plaas.
Sjoe daai goed is ontsaglik groot





;n Tug trek 'n skip weg, om uit die hawe te trek

Die tugs moet die skip uit-trek tussen ander skepe, een tug sal byvoorbeeld voor druk, en een agter trek, sodat die skepe aan weerskante wat maat etlike meter van mekaar af is, kan aangaan met werk.


n Skip maak anker los, en maak reg om die wye oop see aan te durf, 23 dae op see tot by die volgende bestemming.



Bote gelaai bo-op die dek van 'n skip. Om te laai moet die bote met spesiale toestemming in die water langs die skip neergelaat word, sodra klaar gelaai is, kan die bote weer gelig en op die dek gesit word




Elke oggend het ek ón-board'vergaderings. Ons sit gewoonlik in die 'ship's office', maar dit hang af watter skeeps-lyn dit is. Dis niks snaaks om byvoorbeeld 40 trappies op die gangway te klim om in die skip te kom, en dan nog 5 verdiepings te klim om by die Chief of kaptein uit te kom nie. Hierdie is 'n tipiese tv kamer, waar ons ook soms vergader

Alles word vasgemaak. Die tv het metaal of materiaal bande om, die boekrakke het hout balkies voor, die stoele is meestal vasgebout aan die vloer, die telefone se handstukke kom met knippe vas....die water kan erg skommel in storms, al is dit 'n reuse vragskip van derduisende tonne metaal....
Terloops, ek kan nie eens onthou hoeveel keer ek al op 'n skip verdwaal het nie....nie die plek waar jy wil verdwaal nie....




'n Gangway wat jy liefs vermy as jy kan. Baie onveilig




Seemeeue het die vermoee om my te stop ongeag hoe besig ek is...



Nog vrag kom in, hulle laai ook bulk, nie net houers nie.







Die propeller is net onder die water



portholes...by die tv kamer




Die eetvertrek van die offisiere


Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: