Na opstaan , ontbyt en oppak is ons eers na die wondergat sinkgat toe, nie baie groot nie maar vrek diep en skuins dat mens nie die bodem kan sien nie. Die gat is amper teenaan die pad, seker 200 meter van die pad af en jy ry tot langs hom
die versteende woud was nogal interessant maar ons het ook gevoel effe te duur vir die waarde wat jy kry. Die bome het blykbaar miljoene jare gelede met ‘n vloed uit midde afrika gespoel en hier kom lê, is met modder en grond bedek en het versteen en weer later oop gespoel en oopgewaai. Die langste van die bome is 30 meter wat ontbloot is. Sommige is baie dik ook.
houtkwas
In daardie omgewing is ook baie welwitchias en ons het ook gesien hoe lyk ‘n wortel van die plant.
Van daar het ons die Vingerklip in die noorde besoek en die mannetjie by die plaashek gekry waar ons ingegaan het.
Die pad van daar na Kalkveld loop deur plase en die kinders moes ‘n hele paar hekke oopmaak. Die hek was vol nommerplate wat eens op 'n tyd op 'n voretuig was.