Daardie woestyn is ook mooi vol gras.
Na Aus op pad na Ludritz het ons die wilde perde gesien waar hulle kom water drink het.
Die woestyn van Aus na Ludrits is vol gras soos graanlande. Anton vra eintlik waars die woestyn dan, ek sien net graslande.
Ons kom laat in Ludritz aan en wind waai erg en ons moet tent opslaan in donker. Dit het seker so een en half uur geneem. Baie gesukkel en ons het nie eers die daktent opgeslaan nie want ek was bang dit waai af. Die wag by die kamp vertel nogal die wind is nie eers sterk nie. Nou wonder ek hoe erg is dit as die wind rerig sterk waai.
Donderdag oggend in swakker wind tent afgeslaan en Kolmanskop toe gery.
winderosie
lank laas uitgevee
is nie Anton wat so lank is nie net die vertrek wat so vol sand gewaai is
Foto van vroeër jare wat die mense diamante opgetel het.
Is baie intressant daar. Die spoorlyn van Ludritz na Aus is om en by 1908 gebou en dit het 10 maande geneem. Hulle bou nou die spoor oor en is al reeds 8 jaar lank besig en sal nog 4 jaar besig wees.