Julie 2006 Namibie toer en kamp.
Ons het op Dinsdag 27 junie die oggend vroeg vertrek. Ontbyt op Klawer by Antionette se broer geëet. Dit het daar reënerig geraak en ons het tot op Kammieskroon aan en af reën gekry. Ons het maklik deur die grens gekom sonder enige vra en deursoek.
By Noordoewer brandstof gekoop en daar die pad al langs die rivier gevat na Aussenkehr. Dis die 4 de keer dat ek nou daardie pad ry en gewoonlik is die omgewing daar swart van droogte. Groot was ons verbasing om blomme te sien wat soos namakwaland lyk, plate blomme.
die blomme stink
gepak soos 'n negosie wa
Dit reen toe ook nog so effens terwyl ons op daardie pad ry.
By aussenkehr geslaap daardie nag, kamp is pragtig met gras en mooi ablusie maar net gevoel dis te duur.
R270 vir ons 4 dardie nag betaal. Jy betaal vir kampplek, dan ingang per persoon, dan ook nog per voertuig ook. Was ‘n lieflike aand, lekker tent opgeslaan en kos gemaak en goed geslaap. Die opblaas matras slaap lekker.
ausenkher se werkershuise, hulle bou self met riet.
Woensdag oggend het ons al met Oranje river langs stroomaf gery tot waar die pad wegdraai na Rosh Phina.
kokerboomblom
mooi groen woestynlande
was wonderlik om in die woestyn die blommeprag te aanskou
ghaap is die plant se naam het ek by Alida gehoor