Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: namibie - kalveld #10  (Read 3972 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: June 30, 2009, 08:16:29 PM »


 Gelukkig wou ons kamp en die prys was R250,00 vir die staanplek vir die nag. Teen die tyd het ons al gedink dis billik. Die kampplek het 6 staanplekke, elkeen afsonderlik van die ander en elkeen met sy eie badkamer. Ons het daardie aand gaan kyk hoe hulle die leeus kos gee. ‘n springbok wat vroeër die middag geskiet was, is daar aan sy nek met ‘n ketting op ‘n semetblad vasgemaak. Die mense sit binne in ‘n gebou met klein loergate om te kyk hoe die leeu skaars ses meter van jou vreet.







Ons kuier toe so lekker daar en besluit sommer om nog ‘n nag daar oor te bly. Die volgende oggend het ons vroeg oggend op ‘n wildbesigtings rit gegaan. Was eerste keer in 2 weke wat ons koud gekry het want daar naby die see in die woestyn was dit lekker warm. Op die rit het ons rooibokke, seekoeie, kameelperde, springbokke, blesbokke, blou en swart wildebeeste,, steenbok, waterbokke, koedoes, volstruise, waaierstertmeerkatte en dassies gesien. Die vorige aand, net voor donker, het ons by die kamp ‘n Dik Dik gesien.







Die lodge se kamers is mooi met groot badkamers. Die storte het nie mure nie, is oop in die geteelde badkamer soos koshuis storte, die krane en kop teen die muur soos gesien kan word  waar Anton by die stort staan. Die badkamers is baie groot en het ook nie deure nie. Die baddens is meestal borrlebaddens.







 die tuine.




dinausouris:



spoor








Ons het Sondag aand weer daar gekamp en die volgende oggend Windhoek toe gery.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: