Daar is 'n verskeidenheid van akkommodasie. Die huis waarin ons gebly het was sowat 15 tot 20 meter van die beach af in die 2de ry van voor af. Dis beter so aangesien die restaurant saans in 'n redelik bedrywige pub met harde musiek verander. Ons het nie omgegee daarvoor nie. Veral gesien in die lig van die feit dat ons kinders die hart en siel van elke aand se party was kon ons ook nie eintlik kla nie. Daai R&R's is goeie earplugs!
Ons huis was groot. Vyf slaapkamers met badkamers. Een van die kamers het 4 enkelbeddens gehad en het goed gewerk vir die 3 enkel jongmanne. Al die kamers maak op die verandah oop en daar is 'n groot kombuis met genoeg sitplek vir almal om die tafel. Langs die afdak buite is die braaiplek. Die eienaars is Vrystaters en hulle geniet ooglopend die bedryf. Hul seun Klein Lucas is 'n raakvatter en jy kan maar net se wat jy soek. Volgens die jongspan gaan hy ook nie saans eintlik rus nie!
Louise en sy ma, Retha by wie jy besprekings doen is teen die tyd ou pelle. Haar man, "Groot Lucas" maak soggens die brekfis.
Daar is heelwat ander plekke ook wat ons kan aanbeveel. As die Ubuntu deal nog aan is sal jy nie maklik 'n beter deal as die een kry nie! Ek sal Louise vra om uit te vind.