The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: Dual on January 09, 2012, 04:08:26 PM



Title: Naweek trippie
Post by: Dual on January 09, 2012, 04:08:26 PM
So beplan ons 'n vinnige trippie Clanwilliam toe
Een ou stel voor ons ry deur Aurora, want hy was al een keer in daai rigting en dit was mooi sover hy kan onthou
'n Ander stel voor, kom ons ry soveel moontlik grondpad
So gemaak, so gedaan
Mapsource en plot 'n roete

Begin die dag 06:00, lieflike somers oggend, nie koud nie, nie warm nie, net lekker

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/001-18.jpg)

Bymekaarkom - alles reg

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/002-18.jpg)

Franschhoekpas - yskoud - soos in vriesend yskoud

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/003-17.jpg)

Die omie was duidelik nie by sy mense se "party" by Bloemfontein nie - maar ons het die cache daar gevind - hy staan net daar, vuis in die lug, help nie eers soek nie

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/004-16.jpg)

Eerste afdraai op grondpad - Babylonstoren pad, net voor "Malmensbury" - sinkplaat, sand en klippe in een

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/005-16.jpg)

So erg geskud dat die Buel wat saam was, se knormoer opgepak het

Na 'n helse gestoot en gesukkel, 'n tou gekoop en elke keer die Buel aan die brand getrek

Op Darling maar eers die innerlikke gaan vul en hier gestop om die Geestelike sy te dek

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/006-16.jpg)

Die fietse moet ook eers gevoed word

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/007-14.jpg)

Ondergeskikte pad - die eerste keer in my lewe dat ek met so pad te doen gekry het - hulle kon baie letters op die bord gespaar het - K@K Pad sou meer as beskrywend gewees het

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/008-1.jpg)

Die trein het darem 'n lekker reguit en gladde pad gehad

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/009-13.jpg)

Vorentoe

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/010-11.jpg)

Baie warm en op-geskud, eers iets kouds kry vir die kele

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/011-10.jpg)

Darem weer 'n plek om die Geestelike sy op sy plek te hou

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/012-9.jpg)

Langs die pad met 'n windpomp in sig

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/013-9.jpg)

Met die temperatuur so in die omgewing van 40 + grade, 25 km voor Clanwilliam, toe gebeur daar wat 'n ou nie voor vra nie

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/014-7.jpg)

Hier sou een van die Geestelike plekke nogal handig te pas gekom het, die tale wat darem gespreek kan word. die Midas pompie wat so groot soos 'n koeldrankblikke is, is niks meer werd as die leë blikkie self nie, met die enigste verskil dat die leë blikkie darem lug in het

Later darem veilig in Clanwilliam aangekom, 'n paar koues afgesluk en kampplek toe

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/019.jpg)

Lekker gebraai en die nodige verbale interaksie het plaasgevind - ons was te laat vir die Apteek (Tops by Spar) maar darem 'n bottel gesmokkel gekry by die plaaslike bevolking. met twee sulke oulike Scottish Terriers op - een wit en een swart

Die aand was aan die broei, en dit was warm, vrek warm - so tussen die geen slaap maar so paar nagfotos geneem

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/016-6.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/017-7.jpg)

Die plekkie was maar stil en rustig - geen beweging gesien nie

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/018-7.jpg)

Dag twee - vervolg . . . . . . . . .


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Smidty on January 09, 2012, 10:24:32 PM
 :clap:    :clap:     :clap:


Nice  :thumb: en pragtige fotos soos altyd.



Title: Re: Naweek trippie
Post by: DirtCopper on January 09, 2012, 10:30:06 PM
Baie mooi Martin :thumb:


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Dual on January 10, 2012, 05:40:23 AM
Dag twee - vroeg-vroeg al warm, vrek warm
Ons beplanning is om terug te ry na Clanwilliam, oor Algeria, Sederberg Oase, Katbakkies, Skitterykloof, Ceres, huis-toe
Met die hitte en die öndergeskikte" pad in ons gedagtes, besluit ons eenparig, Weskus om terug is dalk die beste
Pakhuis - soos altyd, asemrowend mooi

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/020-8.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/021-7.jpg)

Nog 'n stop om die Geestelike sy te dokter

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/022-5.jpg)

'n Ou brug

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/023-3.jpg)

'n Hawe

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/024-4.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/025-3.jpg)

'n Tolpad op grond, en terug in die Sandveld

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/026-3.jpg)

Sishen - Saldanha se erts trein

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/027-3.jpg)

'n Windpomp

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/028-2.jpg)

Pitstop

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/029-2.jpg)

Sondonder

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/030-2.jpg)

En lekker moeg tuis

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/031-2.jpg)

Dit was 'n vermoeiende trippie gewees, met warm (vrek warm) toestande en ongeskikte paaie maar weer lekker om net daar buite te mag wees

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/Map.jpg)


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Trailrider on January 10, 2012, 07:38:05 AM
Lekker trip! Ek ken daai tipe paaie. Ek en VV het 100'e km op hulle al langs die spoorlyne in die Vrystaat gery. Nooit weer nie... Die keer wat ek 10km OP die treinspoor deur Toorwater gery het was minder erg.


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Trailrider on January 10, 2012, 03:42:05 PM
Nou wat issit met ons?


(http://i189.photobucket.com/albums/z46/Trailrider_album2/Ride%20Reports%202012/Kouga%20Wilderness/Day%201/C3.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/014-7.jpg)


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Dual on January 10, 2012, 04:01:48 PM
My centrestand kan ek opvou en saamvat tot by die volgende plek  :biggrin:

So binneband vervang in 40 grade +, is nie 'n grap nie - hierdie is 'n familie forum, so ek kan nie alles post wat ge-uiter is nie  :innocent:


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Trailrider on January 10, 2012, 04:11:14 PM
I can relate... :innocent:

My centrestand kan nie vou nie hy is rond. Maar ek hoef hom darem nie saam te ry nie. Daar waar ek 'n pap wiel kry, daar is hy! :D


Title: Re: Naweek trippie
Post by: buzzlightyear on January 10, 2012, 04:14:59 PM
Die belangrikste wat ek met papwiele gesien het is dat jy die binneband effens opblaas (klein bietjie) VOORDAT  jy die buiteband terugsit, dan is jou kanse om 'n pinch te kry baie klein of niks  :thumb:


Title: Re: Naweek trippie
Post by: buzzlightyear on January 10, 2012, 04:15:59 PM
O ja Martin, dit lyk baie lekker dankie! Ek merk egter op volgens die roete dat dit lyk asof julle die sandpaaie by Kapteinskloof en Aurora vermy het  >:D


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Dusty on January 10, 2012, 04:39:28 PM
Dankie dat jy dit met ons gedeel het, dit lyk of dit baie lekker was  :thumb:


Title: Re: Naweek trippie
Post by: Dual on January 10, 2012, 05:25:12 PM
O ja Martin, dit lyk baie lekker dankie! Ek merk egter op volgens die roete dat dit lyk asof julle die sandpaaie by Kapteinskloof en Aurora vermy het  >:D

Met 'n pillion en die hitte, het ons heelwat paaie vermy   :stress:
Alleen op die fiets sou dit lekker gewees het
Die naweek was, 1) of my vermoeëns besig om te kwyn, of 2) die omstandighede net teen my
Nogtans lekker gewees  :thumb:


Title: Re: Naweek trippie
Post by: buzzlightyear on January 11, 2012, 12:31:36 PM
 :MrGreen: