The Road Less Travelled

On the road less travelled => Geocaching => Topic started by: Dual on November 23, 2011, 06:43:09 PM



Title: Bettiesbaai se sandduine
Post by: Dual on November 23, 2011, 06:43:09 PM
Het vandag daar twee gaan kry - dit was omtrent opklim en afklim
Die sand is hel moeilik om te klim, die af was maklik - ek het diep asemgehaal en lekker gesweet - alles die moeite werd gewees

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/SandBetty01.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/SandBetty02.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/SandBetty03.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/SandBetty04.jpg)

(http://i806.photobucket.com/albums/yy350/dualriders/SandBetty05.jpg)

Ek het eers gaan toestemming vra, baie aangename oubaas, lekker gesels en hom sommer die website van geocaching gewys - shame, sy tone is afsonderlik verbind en hy loop met krukke, hy wens hy kon sulke goed nog doen, dis hartseer, ons wat kan, het baie om voor dankbaar te wees
Sy pa het die eiendom in die vyftigerjare daar onder gekoop en 'n hout hut opgesit
Die sand was nooit voorheen so 'n probleem nie
Hulle het die pragtigste grasperke daar gehad
Toe het iemand by die munisipaliteit toestemming gegee dat mense die duine-plante mag verwyder en van toe af  het die sand 'n probleem geword
Hy moes April die jaar 'n bulldozer huur om sy huis oop te stoot soos die sand oorgeneem het
Hy het die jaar ongeveer R 4 000.0 se graslote ingesit, alles verniet, die sand het alles oorgeneem
Die pad tussen Pringlebaai en Bettiesbaai is ook toe a.g.v. die sand wat die pad toewaai
Ek hou regtig daarvan om by sulke mense uit te kom wat my weereens iets kan leer, ek voel soms soos 'n spons, plek vir nog
Ek het nadat ek teruggekeer het vir hom die fotos gaan wys wat ek van daar bo af geneem het
Hy het dit werklikwaar geniet
Goeie oubaas  :thumb:


Title: Re: Bettiesbaai se sandduine
Post by: buzzlightyear on November 23, 2011, 06:51:01 PM
Nice storie  :thumb:


Title: Re: Bettiesbaai se sandduine
Post by: lox on July 24, 2012, 07:13:44 AM
ek wil binnekort daar by aasbank voor sy huis gaan rooiaas sny en probeer galjoen vang ook.