The Road Less Travelled

Life, the Universe and Everything Outdoors => General Discussion => Topic started by: lox on August 26, 2011, 08:57:48 AM



Title: op pad
Post by: lox on August 26, 2011, 08:57:48 AM
wees versigtig op pad maar wat en hoe maak jy as so iets jou oorkom? ek sal nie weet wat om te doen nie.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0343.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0348.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0345.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/DSC_0346.jpg)


Title: Re: op pad
Post by: buzzlightyear on August 26, 2011, 09:47:26 AM
Goeie genugtig! :eek:

Ek dink jy rem so hard jy kan en hou reguit :-\


Title: Re: op pad
Post by: Smidty on August 26, 2011, 10:20:03 AM
En dan maak jy biltong  :evil2:


Title: Re: op pad
Post by: White Stripes on August 26, 2011, 10:20:58 AM
Ek was eenkeer in 'n bussie op pad Kimberley toe vir 'n Agri-NK kongres. Ek het bestuur en ons het vroeg die oggend van Upington vertrek en het mense opgelaai soos ons gaan. Iewers net voor Griekwastad staan die koedoe toe net langs die pad en kom in, pad toe. Daar was absoluut boggerol wat ek kon doen. Gelukkig het die koedoe nie gespring nie. Daar was 'n snotstreep langs die bussie se kant af, so naby was dit. 'n Ander keer keer het ek ook deur die nag gery en buite Danielskuil deur 'n trop gery wat reg in die pad gestaan het. Op een of ander wyse het daar net 'n opening oopgemaak reg in die middel van die trop. Weereens was daar absoluut boggerol war ek kon doen om te stop.


Title: Re: op pad
Post by: lox on August 26, 2011, 11:19:06 AM
naby ellisras het ons in 'n bus agter 'n kar gery, helder oor dag. die koedoe spring oor die draad, hardloop oor die pad, en voor hy oor is is die kar op hom. die bestuurder sê dit gebeur so vining dat jy nie eers die koedoe sien kom nie. sy passasier het nogal erg aan sy kop seergekry, die kar was ook soos die bakkie geslaan aan die linkerkant.