The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: White Stripes on August 09, 2011, 09:59:19 PM



Title: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: White Stripes on August 09, 2011, 09:59:19 PM
Ons is by die huis. Dit was wonderlik. Ek sal later werk aan 'n report. Hier is 'n voorsmakie.

Vroegoggend by Eselbank. Ons het in die veld gekamp en dit was ons uitsig op die dorpie.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/early_morn_sunshine_on_eselbank_1.jpg)


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: buzzlightyear on August 10, 2011, 08:58:44 AM
 8)


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Rustyb on August 11, 2011, 11:00:48 AM
.


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: White Stripes on August 13, 2011, 03:56:36 AM
Begin by die einde. Ons het nie ge-abseil nie. My crew het my bietjie in die steek gelaat en ons het besluit dat ons te min tyd het om alles te doen, so ek wou nie die dag kaap deur op my eie op en af te klouter nie.

Nie dat ons nie ernstig oorweging gegee het nie.
(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/abseiling_discussions_continue.jpg)

Terug by die begin.

Ons het op Eselbank by die watervalletjie gekamp. Dis nie 'n amptelike kampplek nie en daar is boggerol. Die eerste nag wag flippen koud en ek is maar bly vir die vrou wat saamgekom het. Ons het lanklaas so lepelgelê. Dit het die Donderdag baie gesneeu en teen Saterdag was daar nog sneeu op die berge. By Ceres en veral Matroosberg was die berge toe onder die sneeu.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/white_snow_blue_sky.jpg)

Ek het al baie deur die Sederberge gery en elke keer gedink ek wil meer tyd spandeer. Eselbank het my altyd aangetrek en dit was dus 'n goeie plek om as basis te dien. Op die ou ent het ons beswaarlik 10 km weg van die dorpie gery. Daar is te veel om te sien en te doen. Ek is lief daarvoor om met die plaaslike mense te meng en te hoor wat in die omgewing aangaan en wat hulle wêreld laat tick. In die proses leer 'n mens baie en vertel hulle jou van die omgewing. Ons het gesien hoe hulle rooibos tee plant en kon hoor hoe hulle mekaar help om die werk gedoen te kry. Die plantjies lyk amper soos uie plantjies en word op dieselfde manier geplant. Hulle koop die plantjies by kommersiële boere en plant dit in die reën seisoen. Die plantjies word van saad gekweek. Geen kunsmis, spuitstowwe, niks. Elkeen wat wil boer huur by die Morawiese Kerk 'n stuk grond vir 'n minimale bedrag en dan boer jy. Jy moet natuurlik aan die kerk behoort. As jy wil plant roep jy al jou tjomme en dan plant jy. As hy die dag plant, help jy weer. Niemand word betaal nie. Ongelukkig het my fotograaf my in die steek gelaat

In Eselbank het een van die manne ons vertel van die "Ereboog" en dit was ons volgende teiken.
(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/the_arch.jpg)

Die volgende dag het ons ontdek dat daar rotstekeninge verder in die berg in is. Die plek is onbekend en daar is min tekens van toeriste. Daar was redelik baie tekens van die mense wat daar gebly het. Dis ongewoon want dit is die eerste ding wat toeriste verwyder. Daar was "flakes" van hulle gereedskap, stukkies van volstruis eier doppe en selfs 'n stukkie van 'n varswater mossel skulp. Ek het gewens Mrs Tok-tokkie was daar. Sy sou ons baie kon vertel.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/rock_art3.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/rock_art2.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/rock_art.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/rock_art_overhang.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/proof_human_existence_here.jpg)


Daar is baie mooi rotsformasies en Rustyb en Merrycan het patrone uitgesoek terwyl ek en my dogter geklim en klouter het.

Die Donkie.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/donkey.jpg)

Die hond.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/cartoon_dog.jpg)

Balancing act.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/balancing_act.jpg)


Merrycan het die foto's geneem en 'n bietjie rond geloop om te kyk wat sy kan opdis.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/cape_sugar_bird_male.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/malachite_sunbird.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/flower_faces.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/pollen_grains.jpg)

Saterdag het die Trailriders daar aangesluit. Hulle het van Umdani af gekom en het maar vaal om die kiewe gelyk. Was blykbaar 'n rowwe affêre daar in Malmesbury. Teen Sondag het hulle heelwat beter gelyk, maar moes alweer gaan. Ai, die gejaag na wind!

Ons het net tyd gehad om hulle die waterval te wys.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/gerhard_n_johans_family_s.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/gerhard_n_falls.jpg)

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/eselbank_falls_closer2.jpg)


Daar is nuwe wetgewing op pad om die 4X4 en veldry omgewing te organiseer. Daarvolgens mag jy net met 'n gids in 'n "sensitiewe" area ry, tensy jy 'n bevoegdheidsertifikaat het. Amper soos die vuurwapen opleiding wat jy moet ondergaan. Ek is 'n opleier en het die gaping gebruik om my dogter 'n bietjie touwys te maak. Hier is ons terug van die oefening.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/elana_finished_4x4_training.jpg)


Een van die wonderlike dinge in enige omgewing is die mense. Hulle stories en hul manier van praat. Oral het mense ons vertel van oom Piet van Langkloof. Ons het hom gaan opsoek en vasgenael gesit en luister na sy stories. Hy vertel dat sy ouma se pa 'n vrygestelde slaaf was wat homself in Langkloof kom vestig het in 1838 na die slawe vrystelling. Hy is 86 en sy kop is al effe deurmekaar, maar hy kompenseer daarmee met sy entoesiasme.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/oom_piet.jpg)


Dinsdag oggend was dit tyd om op te pak en het ons vertrek Wupperthal toe. Rustyb het al Maandag vertrek, nadat hy besluit het om 'n dag langer te bly. Ek wou nog altyd by die skoenfabriek aangaan.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/wupperthal_shoe_factory.jpg)

Hulle het nie gewerk nie, maar daar was een van die manne om ons toewys te maak. Hier stik hy die skoen.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/sewing_a_shoe.jpg)

Hierna moet dit nog afgewerk word, maar dit lyk al soos 'n skoen.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/sewing_is_finished.jpg)

Sool word vasgelym. Hulle gebruik saamgepersde lug om die sool goed vas te druk teen die skoen.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/how_a_sole_is_attached.jpg)

Nog later.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/finished_sole.jpg)

Skoenmaker hou jou by jou lees.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/shoe_moulds.jpg)

Ek wou velskoene koop, maar hulle het nie my nommer gehad nie. Koop te maar hierdie stel "boots." R400-00. Bargain.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/velskone.jpg)


Hierna het ons die pad gevat en tyd gehad vir een foto en 'n toebroodjie op Clanwilliam.

Biedouw vallei.

(http://i174.photobucket.com/albums/w109/gerhard_album/Sederberg/Eselbank/biedouw_valley3.jpg)


Dankie Rustyb. Dit was werklik aangenaam. Ons sal weer so  maak.


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: buzzlightyear on August 13, 2011, 08:52:36 AM
Dit lyk lekker, maar ek sal wag tot die koue bietjie wyk. Was al 1 keer in Augustus in die Sederberg, en dit was BAIE koud.


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Pmdb on August 13, 2011, 12:37:35 PM
Baie mooi !

Jammer ek kon dit nie maak nie.


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Natuurkind on August 13, 2011, 04:17:07 PM
Ongelooflik mooi. Weet jy hoe spyt is ek dat ons nie daar kon uitkom nie. Gaan definitief die somer 'n plan maak. Daardie waterval is ongelooflik. MOET daar gaan rond klouter. :headbang:


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Snafu on August 16, 2011, 04:34:02 PM
Baie mooi!


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Dusty on August 17, 2011, 01:11:37 PM
Dis 'n deel van ons land wat ek bitter graag wil sien,  baie mooi fotos   :thumb:   :thumb:


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Trailrider on September 06, 2011, 11:08:43 AM
Dankie vir als WS. :thumb: Dit was lekker om vir julle en Rusty weer te sien. Ons was bitter spyt ons moes so gou weer weg en die "clan" was dit eens dat ons weer moet terug kom. Die Sederberg is veral spesiaal as jy nie net by die Tourist Spots bly nie.


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: Trailrider on September 05, 2012, 09:09:10 AM
Net meer as 'n jaar. Dis hoe lank dit my geneem het om ietsie hieroor te skryf. Ek het net nie meer tyd nie. :-\

Kyk gerus hier: :evil1:

http://trailriderreports.blogspot.com/2012/09/cederberg-trip.html


Title: Re: Sederberg. Te veel berg, te min tyd.
Post by: White Stripes on September 05, 2012, 10:06:02 AM
Baie nice. Ek het nie geweet julle was bang vir die locals nie :wink1: Ek grap net, maar dit is nogal 'n probleem vir baie mense. 'n Mens weet ook nie altyd waar om die streep te trek  nie. Omdat ek op 'n plaas grootgeword het en van kleins af met die mense gemeng het is dit vir my makliker. Merrycan sukkel soms daarmee, veral wanneer dit effe rof lyk. Aan die ander kant is sy soms die een wat in stad situasies meer dapper is. Het my eenkeer in 'n shebeen ingesleep in 'n woonbuurt in die Kaap. Was baie lekker. My ervaring is dat jy nie onseker of bang moet lyk nie en dat jy die locals moet erkenning gee. Op 'n manier is dit iets wat jy aan jou dra. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar ek het nog altyd myself tuis gemaak tussen die sogenaamde gevaarlike mense. Miskien is dit omdat ek hardegat is. My land is my land, ek gaan waar ek wil :evil1: (Daar is nie 'n kuur vir stupid nie.)

Dit was 'n nice trip. Ek sal dit mis in die jare wat kom. Aan die ander kant, daar gaan nuwe plekke wees om te verken.