Title: anderste vakansie 3 Post by: lox on June 09, 2010, 09:20:38 AM 3
Johan werk vir ‘n verfmaatskappy wat se fabriek in Somerset Wes is. Hy vervoer die verf landwyd na verskillende depots. Ons het so net na 6 by die Bloemfontein depot aangekom. Gelukkig besef die mense wat daar werk dat hulle moet aflaai waneer die lorrie daar aankom, al is dit na ure. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/21verfwinkel.jpg) Die seile maak baie maklik oop en toe. Een man se werk. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/22oopmaak.jpg) (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/24aflaai.jpg) Klein depot maar die manne wat daar werk laat waai en verkoop baie verf. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/23verf.jpg) Na aflaai en weer verf oplaai, wat op spesiale aanbieding was wat verby is, het ons gou iets by die kafee gekry om aan te kou en die pad gevat Winbrug toe. In Winburg ry ons reg op die kerk af en ek seg dat Johan eers moet stilhou. Gaan lê toe in die pad om dit af te neem. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/25kerk.jpg) Ons het by vriende van Johan gaan slaap in die dorp. Douw werk vir sy seuns wat ‘n wild plaas en Arabier stoet het. Douw doen die bouwerk op die plaas. Hulle is nog besig om paar huisies te bou. Een van die voltooide huisies, 2 wooneenhede, baie luuks, buite my begroting (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/27bungalow.jpg) Sitkamer, eetkamer, kombuis, kroeg en kuierplek. Onder is 4 slaapkamers met badkamers. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/26lodge.jpg) Uitsig vanaf die sitkamer se balkon. Ons het 2 renosters en 2 koedoes gesien. (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/28rivier.jpg) Al die SA wildsbokke se velle (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/29velle.jpg) Sitkamerkompleks (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/31lodge.jpg) (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/33lodge.jpg) En die man wat in beheer van die bouery is: Douw op regs en Johan op links (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/32douw.jpg) Die plaasnaambord (http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/lorrie%20ry%20junie%202010/34steylbroers.jpg) Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: Biscuit on June 09, 2010, 04:43:17 PM Dankie, AB, vir jou moeite met die anderste `report'. Ek is bly ek kon dit hier op die forum lees, want die Wegforum is vandag vir my so stadig dat ek dit nie kon regkry nie.Dit voel seker snaaks om so hoog in `n lorrie te sit en op almal af te kyk....
:wink1: :wink1: Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: Trailrider on June 09, 2010, 04:59:26 PM Dis nou 'n verslag met "Steyl" :D
Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: lox on June 09, 2010, 06:01:11 PM ja NT dit voel anders, ekis redlik gewoond daaraan, het al heelwat lorrie gery, so tot 12 ton, en ons druiwe oesmasjien is ook so hoog maar met hom ry ons net in die wingerde rond
ja mens kyk af tot binne in die motorkarre. en as dit somer was en die grils ry met so kort mini rokke sal jy mooi bene kan sien ( dlak lelike bene ook) TR ekkom toe daar agter dat Douw hulle het steyl ja, is baie erg oor badsberg wyne..... Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: Trailrider on June 09, 2010, 06:21:10 PM TR ek kom toe daar agter dat Douw hulle het steyl ja, is baie erg oor badsberg wyne..... :evil2: :thumb: Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: cassiebotha on June 09, 2010, 07:47:01 PM Lox endurance for horses is seker net vir horses?
Nie vir horse power consumables soos bikes nie? Title: Re: anderste vakansie 3 Post by: lox on June 09, 2010, 10:48:12 PM moet so iets wees cassie
hulle het arabier merries ingevoer uit arabië hings by gary player gekoop die hings en ingevoerde merries se vullens is so goed die arabiere kom koop nou hier by hulle vullens |