The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: Dual on June 08, 2010, 06:03:46 PM



Title: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Dual on June 08, 2010, 06:03:46 PM
Reg, hier gaan ons op dag 2
R-O-V-Rat beveel aan ons ry dalk die Wupperthal gedeelte en dink my vermoeens is goed genoeg om die paaie aan te durf
Ek is maar 'n banggat as dit by marbles en sand kom
Eerstens vir my fiets en tweedens vir myself
Siekverlof nou, kan mens geld kos
Maar nou ja, daar gaat ons

Na 'n lekker ontbyt is dit aanstaptyd
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/030-1.jpg)

R-O-V-Rat se eerste watercrossing - maar 'n kleintjie - maar isn die droee wereld is dit iets
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/031-1.jpg)

Kromrivier se bruggie
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/032-1.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/033-1.jpg)

Matjies rivier het 'n ordentlike brug, maar nee, van ons moet deur die water aan die kant van die brug
Laat my dink aan die ou wat so skeel is, hy maak die hekkie oop, dan klim hy deur die draad

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/034-1.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/035-1.jpg)

Skoene uitdroog - of sal mens se uitgooi

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/036-1.jpg)

Wegdraai na die lekker plekke

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/037-1.jpg)

En daar gaat ons - bult op en bulte af - die area is darem vrek mooi, en as mens nie daar was nie, nou ja, dan was jy nie daar nie

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/038-1.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/039-1.jpg)

Sommer net 'n stroompie met heerlike koue water

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/040-1.jpg)

Marbles alla moerby

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/041-1.jpg)

Mooi blommetjies so tussen die dorre veld

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/042-1.jpg)

Eselbank - daar gaan nie regtig baie aan nie - maar boeta, die huise is geslaat met skottels

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/043-1.jpg)

My watercrossing - Eselbank

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Eselbankrivercrossing.jpg)

Watervalle by Eselbank - dis 'n moet vir almal om dit te sien en te beleef - vrek mooi - en geen foto kan gestand doen aan wat mens daar sien en ervaar nie

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/046-1.jpg)

Wupperthal in die verte

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/047-1.jpg)

Mooi berge en formasies darem - dit kan maklik 'n gunsteling plek word

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/048.jpg)

Wupperthal

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/049.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/050.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/051.jpg)

Hoek se Berg pas

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/052.jpg)

Selfverklarend

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/053.jpg)

(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/054.jpg)

En daar gaan my kamera se battery - in sy hel in pap - ek mag nie hier uiter hoe ek geswets het nie - shit!!! - nou moet ek weer daai roete gaan ry om fotos te kan neem

Hierdie was een helse lekker trip en ek het dit vreeslik geniet
Volgens 'n "kenner", behoort ek amper enige roete met die GS te kan doen
Dit was so twee of drie keer hitte-te of en het met moeder aarde kennis gemaak
Kop-hou en dink het my uit die situasies gered

Weereens dankie aan R-O-V-Rat en Brian vir die samesyn en lag - dit was fantasties



Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Trailrider on June 08, 2010, 06:10:08 PM
Ja nee, volgende moet jy Baviaans doen!


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Dual on June 08, 2010, 06:13:01 PM
1) - Wanner gaan ons?
2) - Gaan jy saam?


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: R-O-V-Rat on June 08, 2010, 06:55:59 PM
Wragtig was dit nou nie n lekke trippie nie.  :thumb:

Waar is die foto van Brain wat so lekke met die sand speel daar by die riviertjie?  :Scratch:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Pmdb on June 08, 2010, 07:11:43 PM
1) - Wanner gaan ons?
2) - Gaan jy saam?



Wanner gaan ons  :waiting:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Dual on June 08, 2010, 07:58:47 PM
Waar is die foto van Brain wat so lekke met die sand speel daar by die riviertjie?  :Scratch:
[/quote]

Die riviertjie het sy stall ge-eis  :innocent:

Eers die een -
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Stall01.jpg)

Toe dia ander -
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Stall02.jpg)

Toe die val -
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Stall03.jpg)

Toe die hulp  -
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Stall04.jpg)


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: eikeboom on June 08, 2010, 09:30:57 PM
Dis so mooi daar, daai roete kan mens maar elke jaar doen.


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: R-O-V-Rat on June 09, 2010, 09:12:46 AM
Waar is die foto van Brain wat so lekke met die sand speel daar by die riviertjie?  :Scratch:

Die riviertjie het sy stall ge-eis  :innocent:

[/quote]

Jy wat so baie praat. Wys ons die foto van jou wat daai crossing doen?  :stir:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Trailrider on June 09, 2010, 09:20:21 AM
Aha... :plotting:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Dual on June 09, 2010, 12:46:07 PM
Lag-lag
(http://i789.photobucket.com/albums/yy174/martinetsebeth/Eselbankrivercrossing.jpg)


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Trailrider on June 09, 2010, 12:53:58 PM
Dis nie die selfde crossing nie :MrGreen:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Dual on June 09, 2010, 12:56:10 PM
Ek is miskien nie baie slim nie, maar ek kan die verskil tussen kaark en modder baie goed raaksien
Daai was nie modder nie, toe ry ek sommer oor die brug sonder voorval, in elk geval, daar is baie geld en tyd en ingenieursvernuf ingespan om die brug te bou
Waarvoor sal mens dan deur die water neuk? :innocent:


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Trailrider on June 09, 2010, 12:58:06 PM
Bwaaaaahahahaha!

Uitgevang! :D

En jy wil Baviaans doen? Met die berugste water crossing in die land? Daar is nie "cop-outs" nie...


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: Kola on June 09, 2010, 01:17:43 PM
Ek stem saam met Martin wat die een aanbetref.

Ry die pad om iewers heen te gaan.

As daar 'n water crossing is kan jy of deur ry of omdraai - maklike keuse
As daar 'n brug is dan ry ek sommer maar oor die brug

Het al gesien wat water en modder aan meganiese komponente (4x4 diffs, remme en so aan) doen, so ek gaan nie onnodig deur water of modder nie.


Title: Re: Sederberg Junie 2010 - Dag 2
Post by: R-O-V-Rat on June 10, 2010, 12:57:51 AM
I think Martin can and will do Baviaans big crossings with out even blinking an eye.  :evil1: