Title: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: teri II on June 01, 2010, 10:32:36 PM Dag 1 My verlof is nou in sy tweede week en wegbreek die wil ek definitief. So hoekom nie sommer 'n paar goed aanpak wat ek al lankal voor lus voel nie. Cape St Francis sal die "base camp" wees.... dis ver genoeg van die normale "hustle and bustle". Soos gewoonlik, gebeur sulke trips op die laaste nippertjie, sonder veel beplanning. Ek wag darem tot die akkommodasie bevestig is en dan val ek in die pad. My eerste stop.... want om weer 'n keer net verby te ry sal 'n sonde wees.... (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF001.jpg) Baie vriendelike diens…. Het sommer ook vir ma ‘n presentjie gekry en ‘n versnappering geniet. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF002.jpg) Die son trek al water, en as ek vandag nog by die see wil uitkom moet ek aanstaltes maak. Volgende afdraai, die R400 na Jansenville…. ‘n grondpad waarop ek nogsteeds 100km/h kon haal. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF003.jpg) Kortpad met die Ann’s Villa pad… maar moenie so om ry as jy gedruk is vir tyd nie…. Nou ry jy nader na 40km/h en kyk uit vir die wild. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF004.jpg) Daar onder in die dip het ek bokke gekry, dit het gelyk soos koedoes, maar ek kan dalk verkeerd wees. Toe ek om daai boonste draai kom het hulle die ruigtes ingevaar. Selfs met ‘n stadige verby ry was hulle nêrens te gewaar nie. Ai, hoe wens ek nou vir een van daai fancy kameras met die lang lense. Nader aan die R335 kom ‘n mens af op hierdie verstommende berge… (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF005Stitch.jpg) Die eienaar/bestuurder van die kampterrein by hierdie aansluiting het gedink ek het verdwaal en het gery en sy hulp kom aanbied…. Hy kry seker nie aldag mense wat sommer net in die middel van niks en nêrens stop, en dan nog ‘n ent ry, en weer stop nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF006.jpg) En toe raak die pad rof, baie mooi, maar rof. Darem nog nie so rof soos daar by Black Mountain nie, maar dis ‘n heel ander storie. Ek weet darem nou tot wat my kar in staat is so ek durf dit darem ook nou nie teen ‘n slakke pas aan nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF007.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF008.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF009.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF010.jpg) Die vier-voetiges was nie laas saam nie, so hulle is skoon verbouereerd van al die geskudtery. Einde ten laaste my eerste grond pas van die trip…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF011.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF012.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF013.jpg) Hierdie pas was nog in die tyd gebou voor “gabions”. Die “earth retaining walls” was nog van klip wat netjies opmekaar gepak is sonder die hulp van ‘n draadkas. En dit hou nogsteeds. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF014.jpg) Hier het ek ongelukkig vir oom Skilpad onderbreek waar hy sy dors geles het. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF015.jpg) Na sowat 5km loop die pas al langs die Addo Olifant Nasionale Park, en ook deur die park. ‘n Panoramiese uitsig…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF016Stitch.jpg) So ‘n ent verder…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF017Stitch.jpg) En agter die boom die volgende…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF018.jpg) Dis nogal styl hier af…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF019.jpg) Van hier af ry jy nie meer in of langs die Addo Nationale Park nie, of andersins gesê, die suide kant van die pas. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF020.jpg) Soos die teken aan die onderkant aandui. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF021.jpg) So ‘n bietjie meer wild, ek dink dit was elande. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF022.jpg) Genoeg van al die site seeing…. Die son trek water. Van waar die R342 by die R335 aansluit is dit weer teerpad. En hoekom sal ‘n mens nou by padwerke staan en wag as daar ‘n ompad is, al is dit grondpad. Na ‘n vinnige stop by die garage in Uitenhage om ‘n ietsie vir die dors te koop, is ek weer fort, deur die laat middag verkeer. Ongelukkig moet ‘n mens stop by die verkeersligte, so daar’s tyd vir ‘n vinnige foto. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF023.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF024.jpg) Uit die dorp volg ek die R102. Ek besluit om nie op die snelweg te klim nie en die volgende stop is by Van Stadens brug. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF025.jpg) So ‘n ent aan met Van Stadens Pas kry ek toe darem ‘n aftrek plek. Daar is wel mooier gedeeltes in die pas, maar in die draaie met geen noemenswaardige skouer, net ‘n diep betonvoor of ‘n skramreëling, is dit nie so wys om te stop nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF026.jpg) Daar doer in die verte is die snelweg. Van hierdie hoek lyk dit of die brug in die verte die snelweg is, maar toe nou nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF027.jpg) Die ander brug. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF028.jpg) En hy’s bedoel vir net een rigting verkeer…. in die ou dae, of nou ook vir die mense wat dit rustiger vat…. het almal mos tyd gehad. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF029.jpg) Al probleem met die stoppery is dat die ander verkeer nou by jou is, so ek stoot maar aan. Gelukkig hou ek binne die spoedgrens, want daar staan sowaar ‘n boetebessie net na die op-/afrit na die snelweg toe. Dit kom nou van so laat verby Jeffrey’s gaan. Die son is in jou oë, en dit maak dat ander mense sommer 70 in ‘n 100 sone ry. Nog meer laatmiddag verkeer in Humansdorp en toe weer ‘n bietjie oop pad. Ook net betyds vir die sonsondergang (sommer so in die ry geneem). (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF030.jpg) Ek vang toe ook ‘n groot brander, so in die ry. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF031.jpg) Uiteindelik by my bestemming aangekom. Na die afpak, die vier-voetiges laat rondloop en in settle, raak ek ook rustig met iets te drinke op die dek. Ook net betyds vir die maan opkoms. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF032.jpg) Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: teri II on June 01, 2010, 10:35:44 PM Dag 2 Die dag het maar stadig begin. ‘n Vinnige brekfis en toe ‘n lekker lang stap op die strand. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF033.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF034.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF035.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF036.jpg) Heelwat later begin ek die area verken. Na ‘n vinnige verversingstop in St Francisbaai stop ek ook in Humansdorp, net om seker te maak ek word nie tot stilstand gedwing later nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF037.jpg) So vat ek dan die R330 uit Humansdorp. Dit voel asof die berge my roep. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF038.jpg) Pas vir die dag…. Hankey Pas. Nie dat daar enigsins borde is om die pas aan te wys nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF039.jpg) Deur Hankey en dan volg ek die R331 na Patensie. Ek begin al so 21km weg die borde te kry…. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF040.jpg) So hoekom sal ons dan nou nie daar inval nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF041.jpg) Ek kyk so ‘n bietjie rond en besluit om gou ‘n vinnige koffie en soet dingetjie te geniet. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF042.jpg) En dan vat ek weer die pad verder weswaarts. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF043.jpg) Ek word amper verlei om Baviaans te doen, maar dit sal moet wag vir ‘n ander trip. Kort hierna draai ek af op die R332. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF044.jpg) Die berge van ver af. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF045Stitch.jpg) By ‘n kruising ry ek stadig verby al die bikers wat die hele kruising vol staan. Hul groet vriendelik in die verbygang. ‘n Ent verder, net voor die bushcamp, kry ek ‘n rooibok wat uitgekom het, wat vinnig verdwyn. Vanaf die opdraende na hierdie draai is die laaste sowat 6 km nogal erg geriffel en na ‘n gatswaai of twee, besluit ek om dit ‘n bietjie meer rustig te vat. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF046.jpg) Dan sluit ek weer aan by die R330, so 4km voor die snelweg. Die miswolke het intussen ingetrek en beduiwel heel my sundowner planne. Maar ‘n mens het nie die son nodig om jou drankie te geniet nie, en ek val nogsteeds in by die restaurant & pub by Port St Francis vir ‘n cocktail. Die plek het verander vandat ek laas in die geweste was. A bit pricey, but nice. Eers moet die vier-voetiges tuis kom en gevoer word, en dan keer ek terug vir ‘n lekker aand se kuier. Die manne was so ‘n bietjie van ‘n handvol, maar vriendelik. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF047.jpg) Dag 3 ‘n Groot brekfis en gou die toer vir môre bespreek. Ek was gister genooi vir middagete in Port St Francis, with live music and all. As ‘n mens eers daar begin kuier vlieg die tyd verby. ‘n Paar ure later keer ek terug. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF048.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF049.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF050.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF051.jpg) Dag 4 Vroegmôre is ek op. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF052.jpg) Ek vat die R102 na Stormsrivier. Halfpad soontoe begin ‘n ligte mis intrek. So ‘n bietjie vroeg daar aangekom en het nog tyd vir ‘n vinnige koffie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF053.jpg) Na ‘n inligting sessie en kit up, is dit bos toe. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF054.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF055.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF056.jpg) Die toer was baie lekker. Met my terugkeer stop ek vir ‘n vinnige rondkyk en wegneem koffie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF057Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF058Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF059.jpg) So keer ek dan terug met die rollende, kronkelende R102. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF060.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF061.jpg) Ek sou graag die 180 trappies van die Seal Point vuurtoring wou klim, maar selfs al werk hy saans nog, is al die deure gesluit. So ek loop maar rondom en kyk na die brekende branders. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF062.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF063.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF064.jpg) 270 view met (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF065Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF066.jpg) En so raak dit tyd om koebaai te sê vir Cape St Francis, maar nie voor ‘n laaste laatmiddag stap op die wonderlike, amper verlate strand nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF067.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF068.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF069.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF070.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF071.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF072.jpg) Vanaand vat ek rustig met ‘n braai. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF073.jpg) Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: teri II on June 01, 2010, 10:37:21 PM Dag 5
Vroegmôre lê daar ‘n miswolkbank oor die see. Die son steek darem so nou en dan sy kop uit. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF074.jpg) Die kar is gepak, en die terugtog begin. Ek volg weer die R330 en R331 vanaf Humansdorp tot Patensie. Soos jy die dorp uitry is daar ‘n grondpad wat regs uitdraai. Die pad lei op na die Elandsberge. 180 view met die R331 in die agtergrond (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF075Stitch180.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF076.jpg) 180view (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF077Stitch.jpg) Na 15,5km kry jy die Telkom toring en kort daarna ‘n tweespoorpad wat links afdraai. 360 view (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF078Stitch360.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF079.jpg) Na sowat 6km gaan ek die Baviaanskloof Natuurreservaat binne, en so 7km verder weer uit. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF080Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF081.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF082Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF083.jpg) Die pad lei na Grootrivierspoort, suidwes van Cockcomb. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF084.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF085.jpg) 360 view (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF086Stitch.jpg) Oor die Grootrivier (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF087.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF088.jpg) Nog ‘n stywe klim (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF089.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF090.jpg) 180 view (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF091Stitch.jpg) Die Doringrivier (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF092.jpg) Die laaste 8,5km het my sowat 55min gevat. Hopelik raak die pad (P1839) so ‘n bietjie beter vorentoe. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF093.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF094Stitch.jpg) Die volgende 18,5km lê ek in 24min af. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF095.jpg) Draai dan op die P1851. Die pad is in ‘n beter toestand en ek vorder goed. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF096Stitch.jpg) En dan volg ek die P0407 tot in Steytlerville. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF097.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF098.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF099.jpg) Dis al ver verby middagete en ek maak gou ‘n pitstop. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF100.jpg) Ek volg die R329 uit Steytlerville. Sowat 2km buite die dorp ry ek deur Noorspoort (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF101.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF102.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF103.jpg) En 13km verder deur Waaipoort (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF104.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF105Stitch.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF106Stitch.jpg) ‘n Paar kilo’s verder draai ek af op die R338. Vir amper 4km volg die pad die treinspoor. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF107.jpg) En dan swaai die spoorlyn weg. Ek volg die pad tot by Mount Steward waar ek regs draai. 20km en 15min later sluit ek weer aan by die R337. Die pad is onder konstruksie en ek moet eers vir ‘n paar kilometer in ‘n trok se stof ry. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF108.jpg) Jansenville (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF109.jpg) Ek volg die R75 uit die dorp en moet nou besluit watter kant toe. Ek kan aanhou met die teerpad via Graaff-Reinet met twee passe daarna of oos swenk na Pearston met twee passe. Ek besluit om in die pas op die R337 af te draai. En daar sit ek weer agter ‘n trok, die keer met bakstene agter op. Die trok bly die hele pad vol ry. Ek ry toe maar van die pad af om by hom verby te kom. Ook maar goed so, want ‘n paar kilo’s verder is daar skerp draaie en gate wat nie so goed sou afgaan as ek in sy stof gery het nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF110.jpg) Dis so ‘n mooi tyd van die dag. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF111.jpg) (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF112Stitch.jpg) Pearston (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF113.jpg) Al weer sulke tyd. Dis nou al ‘n ruk na 5nm en al sou ek graag nog die grondpasse wou aanpak, dink ek nie dis so ‘n goeie idee in die donker nie. Ek besluit om maar op die teerpad te hou en volg die R63 uit die dorp. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF114.jpg) Bruintjieshoogtepas (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF115.jpg) En met die laaste strale van die son op die horison, nog ‘n laaste stop. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF116Stitch.jpg) Ek volg die pad en ry in die donker deur Somerset Oos en Cookhouse. Dan klim ek weer op die N10 en ry deur Daggaboersnek. Met al die stoppe saam kan ek na 8h38m en 443km vir die dag sê “Home Sweet Home”. Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Trailrider on June 01, 2010, 10:54:44 PM Fantasties! :headbang:
Wys jou net mens het nie 'n bike nodig om so te verken nie. Nou dat ons weet wat jy kan doen soek ons gereeld sulke reports. :evil1: :hope: Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: GlenInk on June 02, 2010, 03:00:46 AM Very cool report :clap: :clap: :clap:
I`m very jealous :innocent: Glad you had fun :biggrin: Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Smidty on June 02, 2010, 06:01:07 AM Baie nice, dankie :headbang:
Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: windhond on June 02, 2010, 08:57:40 AM Baie mooi :thumb:
Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: R-O-V-Rat on June 02, 2010, 10:14:59 AM Wow. Baie nice report. Dankie. Ek het self al dele van daardie wêreld gery. Wat n mooi area. Het van my beste surf trips gedoen in Cape St Francis area.
Mag ek vra watse twee honde jy het? Wys n foto asb! :thumb: :thumb: :thumb: Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Trailrider on June 02, 2010, 10:16:48 AM Kyk jy net prentjies? Jy moet lees ook! Sy se dis viervoetiges! :evil1:
Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Operator on June 02, 2010, 10:48:18 AM Baie goeie report :thumb: :thumb: :thumb: :thumb:
Die Terios...... Hoe hanteer die suspensie die grondpad? Ry die Terios enigiets beter op die grondpad, as bv. 'n gewone ligte motor soos bv. 'n Volkswagen Polo ? Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Pmdb on June 02, 2010, 10:52:28 AM Dankie Teri, mooi wêreld daai.
Jy moes 'n klip by "Buzz se Baken" gevoeg het daar op die Antoniesberg pad. Vir elke klip kry jy 'n bier. :evil2: :biggrin: Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Trailrider on June 02, 2010, 04:05:07 PM teri II vertel my bietjie van Soutpansnekpas? Hoekom weet ek nie daarvan nie? :Scratch:
Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Pmdb on June 02, 2010, 04:29:55 PM teri II vertel my bietjie van Soutpansnekpas? Hoekom weet ek nie daarvan nie? :Scratch: As jy op die R75 vanaf Jansenville na Adendorp (rigting noord) ry gaan jy deur Soutpansnek. Ek neem aan dis dit. Jy ry dan ook deur die Ravelskloofpas Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: teri II on June 02, 2010, 08:38:42 PM Wow. Baie nice report. Dankie. Ek het self al dele van daardie wêreld gery. Wat n mooi area. Het van my beste surf trips gedoen in Cape St Francis area. Mag ek vra watse twee honde jy het? Wys n foto asb! :thumb: :thumb: :thumb: Kyk jy net prentjies? Jy moet lees ook! Sy se dis viervoetiges! :evil1: Hier's vir jou 'n prentjie R-O-V-Rat, en soos jy kan sien, die branders was nie te sleg nie. (http://i944.photobucket.com/albums/ad288/terio2/Cape%20St%20Francis%202010/CSF117.jpg) Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Trailrider on June 02, 2010, 09:10:33 PM Is hulle nie bietjie vet nie? :innocent:
Jy moet sien hoe dik is Firecoast se brak! :o ::) Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: teri II on June 02, 2010, 09:27:08 PM Is hulle nie bietjie vet nie? :innocent: Jy moet sien hoe dik is Firecoast se brak! :o ::) :laugh top: Hulle het maar net so 'n bietjie ekstra vir die koue. Ek moet sê hulle lyk al bietjie beter as 'n paar maande terug. Title: Re: Cape St Francis toe..... April/Mei 2010 Post by: Natuurkind on June 03, 2010, 12:13:25 PM :clap: :clap: :clap: :clap: Baie nice RR. Het dit geniet!
|