The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: lox on June 29, 2009, 05:00:31 PM



Title: namibie #1
Post by: lox on June 29, 2009, 05:00:31 PM
 Julie 2006 Namibie toer en kamp.

Ons het op Dinsdag 27 junie die oggend vroeg vertrek. Ontbyt op Klawer by Antionette se broer geëet. Dit het daar reënerig geraak en ons het tot op Kammieskroon aan en af reën gekry. Ons het maklik deur die grens gekom sonder enige vra en deursoek.

By Noordoewer brandstof gekoop en daar die pad al langs die rivier gevat na Aussenkehr. Dis die 4 de keer dat ek nou daardie pad ry en gewoonlik is die omgewing daar swart van droogte. Groot was ons verbasing om blomme te sien wat soos namakwaland lyk, plate blomme.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/003witwoestynblomme.jpg)


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/004pienkwoestynblom.jpg)

die blomme stink

gepak soos 'n negosie wa

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/009antjieinbakkie.jpg)

Dit reen toe ook nog so effens terwyl ons op daardie pad ry.
By aussenkehr geslaap daardie nag, kamp is pragtig met gras en mooi ablusie maar net gevoel dis te duur.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/010kampausenker.jpg)

 R270 vir ons 4 dardie nag betaal. Jy betaal vir kampplek, dan ingang per persoon, dan ook nog per voertuig ook. Was ‘n lieflike aand, lekker tent opgeslaan en kos gemaak en goed geslaap. Die opblaas matras slaap lekker.


 ausenkher se werkershuise, hulle bou self met riet.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/012werkershuise.jpg)


Woensdag oggend het ons al met Oranje river langs stroomaf gery tot waar die pad wegdraai na Rosh Phina.



(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/0026visrivier.jpg)

kokerboomblom

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/33kokerblomme.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/035bakkielangsrivier.jpg)

mooi groen woestynlande

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/036groenwoestyn.jpg)

was wonderlik om in die woestyn die blommeprag te aanskou

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/038geelblom.jpg)

ghaap is die plant se naam het ek by Alida gehoor

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/namibie/039doringplant.jpg)



Title: Re: namibie #1
Post by: Pmdb on June 29, 2009, 05:55:32 PM
Dankie AB. Ek aan daai selfde pad nou in Augustus ry. Is daar ander oornag plekke daarrond behalwe daardie kampplek?


Title: Re: namibie #1
Post by: lox on June 29, 2009, 06:24:25 PM
daar by ausenkher is blybaar nog paar plekke op die plase maar ek het geen inligting van hulle nie.ek het ook al gehoor van mense wat net na noordoewer geslaap het so 45km duskant ausenkher


Title: Re: namibie #1
Post by: lox on June 29, 2009, 09:08:28 PM
piete r
kontak vir ryslis van weg forum, hy weet van plekke om te kamp daar


Title: Re: namibie #1
Post by: TIEKIE on June 30, 2009, 02:28:52 PM
mooi blomme in die woestyn ne


Title: Re: namibie #1
Post by: lox on June 30, 2009, 06:46:41 PM
mooi blomme in die woestyn ne


ja en dit was rerig 'n verrassing om te sien

ek het gedink die woestyn is een dooie stuk aarde maar ek het toe gesien dit kort net water dan lewe dit


Title: Re: namibie #1
Post by: Trailrider on July 01, 2009, 03:45:51 PM
Jislaaik dis mooi. Ek het daai woestyn nog nooit so gesien nie. Ons plaas was op die pad tussen Rosh Pinah en Aus, so 40km suid van Aus teen die plato.


Title: Re: namibie #1
Post by: lox on July 02, 2009, 06:57:08 PM
klink my julle het net voor die reen padgegee

ja ek was self verbaas van hoe mooi dit lyk na reen, ken ook net kaal woestyn