The Road Less Travelled

On the road less travelled => Vakansie Fotos / Travel Reports => Topic started by: Prins on December 27, 2012, 10:18:39 AM



Title: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Prins on December 27, 2012, 10:18:39 AM
Ek moes werk tot die 21ste, maar kon darem  ‘n vinnige 4-dag kuier by die familie in die Vrystaat inwerk.

Oukersaand:
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/DSC05820_zps817884a8.jpg)

Wanneer jy in die Vrystaat kuier, eet jy vleis.  Punt.  En pap.  
Dag 1 eet ons toe brunch bestaande uit spek en eier, en pap.  Aandete ‘n duim dik T-bone, met pap en potbrood.
Oukersdag braai ons wors by die dam, en vir aandete – skaapboud, varkboud, en hoender.  Klomp slaaie vir die vroue.
Kersdag het brunch bestaan uit lewer in netvet, met pap.   Skaapbraai vir die aand.

(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/DSC05831_zps8e43f8a3.jpg)

(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/DSC05832_zps1ac6b93a.jpg)

Toe ry ons maar vroeg die 26ste, voor ons weer moet eet.  :evil2:

Die 24ste het al die manne gaan babers vang.  10 van ons op die boot.
Die oggend half ses launch ons in die rivier:

(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0406_zps4d527489.jpg)

Oupa vang die 1ste baber, voor ons ander nog kan ingooi.
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0422_zps4458a5f8.jpg)

Die baas van die boot (kleinboet) se 2 seuns is 7 en vyf jaar onderskeidelik.  Die seuns vang self.
Kleinboet:
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0427_zps5ff749db.jpg)

(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0429_zps19e1417f.jpg)

My ouer broer met ‘n mooi grote:  
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0437_zpsbc606ae1.jpg)

My seun Adriaan met ‘n 12kg baber
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0439_zpsb6326b63.jpg)

Soms gaan dit dol.  Hier het 4 stokke gelyktydig ‘n vis:
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0441_zpse3f35590.jpg)

Swaer en seun met 2 babers gelykertyd gevang:
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0447_zps6944c139.jpg)

Die kleinste hengelaar weeg sy eie vis (die kleinste vangs vir die dag)
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0451_zps154f6610.jpg)

Die 7-jarige het ‘n 17kg baber gevang.  Dit het hom 30 minute geneem om die vis te land, sonder enige hulp.  Pa moet egter die vis vashou vir die fotos, want dit is te swaar vir die kleinman.
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0453_zpsecc2f96c.jpg)
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0454_zps508f8598.jpg)

En laastens ‘n foto van die 2 boeties met nog babers, met pa wat dit vashou vir hulle:
(http://i210.photobucket.com/albums/bb66/PrinsF/Desember%202012/IMG_0459_zps7f85d64f.jpg)


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: buzzlightyear on December 27, 2012, 10:35:03 AM
Dit lyk nou  lekker!


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Trailrider on December 27, 2012, 11:21:04 AM
Jislaaik dis knewels. Wat maak julle met hulle?


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Operator on December 27, 2012, 11:40:11 AM
Jislaaik dis knewels.

Ja.........wragtig !!


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Prins on December 27, 2012, 11:50:02 AM
Ons het meer as 100 gevang.  Waarskynlik ongeveer 1000kg se vis.  Aangesien ons reeds 10 in die boot was, het ons maar al die vis terug gegooi.  Gewoonlik laai my broer die goed af by die bybelskool op die plaas, of gee vir die plaaswerkers.  Baber is koningskos, en die mense waardeer dit baie.  Hulle eet dit graag.


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Rooibok on December 27, 2012, 04:08:39 PM
Dankie vir die wys   :thumb: :headbang:


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: Rustyb on December 27, 2012, 10:49:14 PM
Fresh water snoek.  Barbel is a great fish to eat.


Title: Re: Lekker kuier en eet in die Vrystaat
Post by: lox on December 28, 2012, 11:30:18 PM
dankie vir die wys, lyk heerlik, die kuier, eet en visvang.