Title: Hospitaalkaarte Post by: DirtCopper on August 13, 2012, 08:12:38 AM Hierdie sou dalk meer gepas gewees het onder die grap draad maar dis feite, enjoy! :MrGreen:
Ware mediese aantekeninge op hospitaalkaarte in 'n hospitaal in Mpumalanga: 1. Sy het nie saamtrekkings of koors nie, maar haar man sê sy was gisteraand baie warm in die bed. 2. Pasiënt het borspyn as sy vir langer as 'n jaar op haar linkersy lê. ...3. Op die tweede dag was die knie beter, op die derde dag het dit verdwyn. 4. Die pasiënt is hartseer en huil aanhoudend. Dit lyk of sy ook depressief is. 5. Die pasiënt is depressief sedert sy my in 1993 begin sien het. 6. Ontslagstatus: Lewendig maar sonder my toestemming. 7. Die pasiënt het 'n outopsie geweier. 8. Die pasiënt het geen geskiedenis van selfmoord nie. 9. Die pasiënt het sy wit bloedselle by 'n ander hospitaal gelos. 10. Hy het oor die laaste drie dae net 40 kg opgetel. 11. Sy is verlam van haar tone af ondertoe. 12. Die vel was droog en klam. 13. Die pasiënt het wafels vir ontbyt en 'n anoreksia vir middagete gehad. 14. Hy lyk gesond vir 69. Verstandelik skerp maar vergeetagtig. 15. Het by tye konstante ongereelde hoofpyn. 16. Rektale inspeksie het normale grootte skildklier getoon. 17. Sy was vir die grootste deel van haar lewe hardlywig totdat sy geskei is. 18. Albei borste is eenders en reageer op lig en akkommodasie. 19. Die vel is ietwat bleek maar teenwoordig. 20. Pasiënt het twee tienerkinders maar geen ander abnormaliteite nie. Title: Re: Hospitaalkaarte Post by: CK1 on August 13, 2012, 04:06:18 PM Dit is scary maar tog skreeu snaaks :laugh top:
Title: Re: Hospitaalkaarte Post by: Operator on August 13, 2012, 04:52:51 PM Toe ons nog klein was, het my ma by 'n hospitaal gewerk as hoof admin beampte.
As die mense die toelatingsvorms ingevul het, het so 2 uit die tien mense, altyd hulle naam en van en ID nommer ingevul ................en dan daar waar daar SEX staan, het hulle ingevul : 2 - 3 maal per week. :MrGreen: :MrGreen: :MrGreen: :MrGreen: |